HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Kranskopfees (vir eers) van die baan


   08 December 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 436   l   43 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die Kranskopfees op Modimolle gaan nie in 2018 oudergewoonte vroeg in Januarie plaasvind nie. 

Die fees, ’n tradisie op Waterbergers se kalenders, is voorheen die Druiwe-fees genoem. 

Volgens Willie van Rooyen, wat be-trokke is by die reëlings, sal die fees heel moontlik aanstaande jaar ’n nuwe baadjie aantrek en later in die jaar plaasvind. Dit is egter nog in die be-planningsfase. 

Die Druiwefees, wat deur menige ou inwoners onthou word, het tot stand gekom tydens die bloeityd vir druiwe-boere in die gebied. 

Die eerste uitvoerdruiwe is bykans 40 jaar gelede op Modimolle verbou, maar deesdae is dié gewas skraps in die gebied. Die fees se naam is later na die Kranskopfees verander om tred te hou met dié veranderinge. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories