HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Groot fees vir Modimolle beplan


   16 February 2018   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 220   l   3 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Groot Nylie-reünie word vir later vanjaar beplan waar oudinwoners van die dorp weer lankverlore kennisse en skoolvriende kan raakloop en saam kuier. 

Dié reünie is nie beperk tot diegene wat in die dorp op skool was nie, maar is gemik op almal wat op ’n stadium in Modimolle ge-woon het. 

Die fees sal van 14-16 September op Hoër-skool Nylstroom se skoolterrein plaasvind en ’n geskatte 8 000 tot 10 000 feesgangers word verwag. 

Die geld wat die fees inbring, sal aangewend word vir projekte in die dorp om armoede te voorkom en te help verlig, het Marlene de Villiers, wat die fees help organiseer, gesê. 

“Ons beplan ’n fees van hoë gehalte,” het De Villiers, wat al vantevore by talle soortgelyke projekte betrokke was, gesê.

Die voorlopige program vir die Vrydag sluit ’n talentsoektog, modelkompetisie, ’n langarmdans en ’n optrede deur ’n bekende sanger in. ’n Vrouetee sal die Saterdag aangebied word, asook ’n wyntent met ’n boekbekendstelling en vermaak, kindervermaak, ’n potjiekoskompetisie en nog ’n optrede deur ’n bekende kunstenaar. Daar sal op die Sondag ’n kerkdiens met lofsang en aanbidding deur Adam Barnard en VirAnder gehou word. ’n Buffetete sal daarna volg. 

“Ons vra dat ondernemings in die dorp ons sal ondersteun met borgskappe sodat ons die fees ’n reusesukses kan maak,” het De Villiers gesê.

Vir meer inligting, bel vir De Villiers by tel. 065 891 6616 of stuur ’n e-pos aan marlene@lastinglegacyentertainment.co.za(.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories