HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Geite en giere


   29 March 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 272   l   25 days ago  

 

Die Bosveld-dorperklub het op Saterdag 24 Maart ’n opleidingsdag by die Warmbad-veemarkkrale aangebied waar boere en opkomende boere geleer is hoe om kuddes winsgewend te bestuur en te bemark. Demonstrasies is gehou oor hoe diere geskou word, om skape te skeer, om hul hoewe korrek te knip, om karkasse te verwerk en om kuddes te brandmerk. Op die foto is Phil Rawlins, beoordelaar en inspekteur van die Dorpertelersgenootskap, wat gewys het waar boere verkieslik lammers te sterte moet knip. Mense wat nie die opleidingsdag bygewoon het nie en inligting verlang oor hoe om hul boerdery te bevorder, kan vir Raymond Read bel by tel. 081 594 4942 of vir Kobus Potgieter by tel. 083 654 4594. Albei is  by die Bosveld-dorperklub betrokke. 

 


Alledaagse, vreemde en buitengewone dinge

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories