HOOFSTORIES: |
06 April 2018 l Die Pos-span/The Post team | l Views: 182 l 20 days ago |
Die departement van water en sanitasie het Modimolle op Donderdag 23 Maart as deel van bewusmaking oor Wêreldwaterdag besoek. Dit volg nadat dit onder hul aandag gekom het dat die Donkerpoortdam slegs water vir ’n verdere 85 dae oor het. Hul boodskap aan die gemeenskap was dat water bespaar moet word. Die groep het verskeie instansies soos die Abraham Kriel-kinderhuis, Dira-o-direlwe Drop In Centre en die Phagameng Old Age Centre besoek en kospakkies afgelewer. Op die foto is Thabo Masike van die departement, Marlene van Staden (burgemeester) Gerda van der Merwe (hoof van die kinderhuis) en Khumbu Moyo van die departement.
Alledaagse, vreemde en buitengewone dinge |
0 Comments