HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Trokke groot kopseer


   29 June 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 69   l   4 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die ineenstorting van suidelike Afrika se spoorvervoer het tot gevolg dat vragverkeer oor die afgelope dekade drasties op dié deel van die kontinent se paaie toegeneem het.

Mense wat dikwels na Botswana en Zambië reis, kan getuig dat trokke by veral grensposte tussen Botswana en Zambië aan die een kant en Zimbabwe aan die ander kant vir kilometers staan en wag om vrag oor die grense te neem. Baie van dié vragmotors is afkomstig van myne in Suid-Afrika se buurlande en op pad na Suid-Afrikaanse hawens.

Lang rye trokke wat stadig in ’n konvooi ry met veral koperplate op die vragruim, is deesdae ’n algemene gesig op Suid-Afrika se noordelike snelweë. Dit beteken dat die betrok-ke snelweë baie besig is en ’n ren-baan geword het vir ander vragmotor- en motorbestuurders wat jaag vir ’n eindbestemming sonder om ander motorryers in ag te neem.

Vragmotorverkeer het egter nie net op die land se snelweë toegeneem nie. Trokbestuurders vermy dikwels die tolpaaie om tolgeld vry te spring en kies sekondêre hoofweë wat amper ’n groter kopseer veroorsaak as op snelweë. 

Sekondêre paaie in onder meer die Waterberg-omgewing het bykans onrybaar geword en gaan steeds vinnig agteruit. Dié paaie is besonder nou en nie werklik gebou met swaar-verkeer in gedagte nie. Dit is veral ’n groot veiligheidsrisiko vir boere en ander gebruikers wat genoodsaak is om dié paaie te gebruik. 

In vandag se uitgawe van die koerant word juis berig oor ’n tragiese ongeluk wat op die smal pad tussen Modimolle en die Kranskop-tolhek plaasgevind het nadat ’n vrag-motor glo sy baan byster geraak en teen ’n plaasvoorman se bakkie ge-bots het. Die voorman en ’n plaas-werker is in die ongeluk dood.

Die feit dat baie vragmotorbestuur-ders van sekondêre paaie gebruik maak, lei ook daartoe dat verkeer deur klein plattelandse dorpies toe-neem. Die trokke ry nie net die paaie op dié dorpe stukkend nie, die sypaadjies loop ook deur. Die Pos het onlangs berig dat die trokke veral vir sakelui op Mookgophong, waar daar tot soveel as 40 trokke op een aand deurbeweeg, ’n groot kopseer is.

Daar is nie ’n kitsoplossing vir die probleem nie, want vragverkeer op Suid-Afrikaanse paaie gaan verder toeneem. Dit is dus nie ’n probleem wat net onder die mat ingevee kan word nie. ’n Moontlike oplossing vir dorpe is om ’n verbypad vir vragmo-tors te bou of die swaarverkeer deur ’n nywerheidsgebied te herlei.

Teen die trant wat geld deur munisi-paliteite verkwis word, is bogenoem-de oplossing beslis nie deel van plaaslike regerings se prioriteitslys nie. Intussen sal inwoners en motorryers hulle moet staal vir ’n toename van swaarverkeer op paaie en in dorpe. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories