HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Inwoners moet weet wat aangaan


   06 July 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 59   l   4 months ago  

 

Burgemeester van Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, Marlene van Staden, tydens haar inhuldiging.


Munisipale nuus oorheers vandees-week se koerant.

Vir baie lesers is dié nuus egter “vervelig”. Talle lesers het al te kenne gegee dat hulle nie berigte of briewe oor munisipale sake lees nie — veral nie wanneer dit “lank” is nie.

Dit is jammer, want dit is nou nodiger as ooit dat inwoners ingelig is oor wat in hul dorpe se munisi-paliteite aangaan. 

Munisipaliteite landwyd steier onder bewerings van wanbestuur, korrupsie en algehele onbevoegd-heid. 

Diegene wat wél probeer om hond haaraf te maak, kla dat hulle min of geen ondersteuning van die publiek kry: wyksvergaderings word swak bygewoon, inwoners bestudeer nie waardasierolle of begrotings nie en “wil nie betrokke raak nie”. 

Sedert Vaalwater, Mookgophong en Modimolle ’n DA-bestuur aan bewind gekry het, word inwoners meer as ooit ingelig oor munisipale sake. Dié inwoners het ’n voorreg wat hulle nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie. 

Hul buurman, Bela-Bela, se inwoners is nie so gelukkig nie. Dié dorp se ANC-bestuur verkies klaar-blyklik om “onder die radar” te funk-sioneer. 

Die Pos bied byvoorbeeld sedert die verkiesing verlede jaar elke maand ’n gratis kolom aan albei van dié burgemeesters waarin hulle inwoners kan vertel hoe dit met hul onderskeie munisipaliteite gaan. Die DA-burgemeester gryp dié geleent-heid elke maand aan. Die ANC-burgemeester nie. Hy word elke maand verskeie kere aan die sperdatum herinner, maar het nog net een keer op die versoek gereageer. 

Die Modimolle-Mookgophong- munisipaliteit verstaan duidelik die konsep van oopdeurbeleid. Dit is waarom Die Pos vandeesweek kan berig oor ’n projek op Vaalwater waar borge en donasies uit die gemeenskap gebruik is om dienslewering op dié dorp op te knap. 

Ons berig ook oor ’n werkwinkel wat vir plaaslike kontrakteurs aangebied is om hulle te wys watter stappe gevolg moet word om suksesvol te tender.

Ook berig ons oor die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit se vasvatplan om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Met die ekstra geld kan hulle nou die munisipaliteit se astronomiese Eskom-rekening, wat hulle van die vorige regime geëerf het, afhandel.

Die blinknuwe waterdruktoring op Modimolle is nóg goeie nuus vir inwoners van dié dorp.

Het dit nie tyd geword dat inwoners begin aandring op munisipale nuus nie? Dat hulle dokumente met vergrootglase begin deurgaan en in hul massas by vergaderings opdaag — nie om asblikke om te gooi en goed aan die brand te steek nie, maar om hulle te vergewis van wat in hul munisipaliteite aangaan en die regte vrae aan die regte mense te vra.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories