HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Dit is nou die tyd vir omgee


   20 July 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 44   l   4 months ago  

 


Terwyl die meeste van ons met kinders op skool nog die laaste luilekker week van die winter-vakansie geniet, is daar veral twee gesinne in Die Pos se lesersgebied wat verslae besig is om die stukkies van hul lewens bymekaar te maak.

Selfdood het ’n verwoestende uitwerking op diegene wat agterbly — veral wanneer jong kinders geraak word.

Die nuus oor die selfdood van twee bekendes in ons omgewing — James Pringle van die Springbokvlakte en Kobus Naudé van Modimolle — het inwoners van dié twee dorpe die afgelope week verslae gelaat.

Albei dié mans was geliefd, uiters bekwaam en boonop pa’s van jong kinders. Kinders wat aanstaande week die lewe in die oë moet kyk, die ruggies regop moet trek en by ’n skoolhek moet instap waar hulle nie weet wie wat gehoor of gaan sê of watter vrae gaan vra nie.

Dit is hier waar ouers van ander kinders ’n reuseopvoedingstaak het. Kinders kan soms bitterlik wreed wees — meestal uit blote onkunde.

Hoe wonderlik sal dit nie wees as daar op dié eerste skooldag — ’n vreesaanjaende dag vir hierdie kinders — ’n omgeekombers om hulle gevou word nie? ’n Kombers van liefde en verstaan en min woorde, maar baie drukkies.

Dit is ons as ouers se plig om aan ons eie kinders te leer hoe om empatie aan ander te betoon. Hoe om sag te werk met ander se binne-kamergoed. Hoe om nie seer-maakgoed te sê waar daar reeds soveel seer is nie.

Depressie is ’n siekte, soos hartprobleme of diabetes. Dit is nie ’n ruk-jou-reg-siekte nie. Verwyte en slimpraatjies sal niks nou beter maak vir dié kinders en hul familielede nie; verstaan en omgee wel. 

En vir diegene wat wél sukkel met depressie: daar ís hulp. Daar is uitkoms. Moenie stilbly nie; moenie alleen swaarkry nie. Hoe meer ons mekaar ondersteun en praat, hoe beter vir al die betrokkenes.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories