HOOFSTORIES: •   Vreugde én trane ná reën   •   Werkers sluit burgemeester en ander hoës toe   •   Modimolle in duister na goeie reën   •   Beware of 'police officers'   •   Suid-Afrika siek en sat vir plaasaanvalle   •   Terug skool toe vir oud-onnie   •   Kinders veilig ná gru-ongeluk   •   Misdaad op Bela-Bela styg   •   Dorp se uitdagings bespreek   •   Hekelkoningin kuier op Vaalwater   •   Jagter nie meer voor vir moord   •   Matrieks op die loopplank   •   Hinderniswedloop ’n eerste   •   Motorfietsryers durp lang pad aan teen plaasmoorde   •   Bekende wedloop om die draai
 

 
 

 

Bly kalm as Wagter blaf


   27 July 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 36   l   2 months ago  

 


Munisipaliteite is deesdae oor die algemeen so besig om te fokus op die geldelike verknorsing waarin hulle verkeer, dat daar min aandag gegee word aan ander belangrike sake waarvan die verordeninge rondom die aanhou van troeteldiere heel agter in die ry staan.

Wat maak ’n mens as jou buurman se hond aanhoudend op die onmoontlikste tye blaf? Of as jy snags wakker skrik met die onaardse gekatermaai van die buurt se katte in jou voortuin?

Plaaslike owerhede het hierdie probleme voorheen raakgesien en regulasies, wat handel oor die aanhou van diere, deeglik omskryf. By groter munisipaliteite soos Kaapstad en Tshwane bestaan daar wel sulke regulasies wat onder meer bepaal dat geen persoon meer as drie honde op ’n perseel mag aanhou nie. 

’n Tweede verordening lui dat geen persoon ’n dier of troeteldier in omstandighede mag aanhou waar dit ’n oorlas vir ander is nie. Sou die eienaar in gebreke bly om dit te doen, kan die dier geskut en die eienaar ’n boete opgelê word.

Of hierdie regulasies streng in stedelike gebiede toegepas word, is ’n ander vraag, maar op die platteland het hierdie wette vermoedelik totaal skipbreuk gely, want ses honde op ’n erf is ’n algemene verskynsel. 

’n Mens kan dus verstaan as dorpsbewoners warm onder die kraag raak oor lastige troeteldiere.

Om egter reg in eie hande te neem en jou buurman se troeteldiere te vergiftig, is seker die laagste vorm van menswees. Die Pos berig in vandag se uitgawe oor inwoners in ’n woonkompleks op Modimolle wie se troeteldiere vergiftig is. Die koerant skryf dikwels oor die vergiftiging van diere in Die Pos se lesersgebied en die geval op Modimolle is dus nie ’n uitsondering nie. 

Daar is ’n legio ander beskaafde maniere om die probleem te hanteer. Die maklikste is om met jou buurman te praat en te vra dat hy iets aan die probleem doen. Daarna kan ’n mens regsadvies inwin.    

Maar daar rus ook ’n onus op troeteldiereienaars om seker te maak dat hul troeteldiere genoeg oefening kry, miskien binnenshuis slaap waar die eienaar meer beheer oor die dier het, of om die hond na iemand te neem wat in hondegedrag spesialiseer en die hond kan afleer om ontydig te blaf.

In Pretoria kan inwoners die regulasietoepassingsentrum skakel indien ’n buurman se diere lastig is, maar so ’n sentrum bestaan nie in die twee munisipaliteite in Die Pos se lesersgebied nie. 

Dit is egter iets wat dié munisipaliteite sterk kan oorweeg, want uiteindelik sal dit die beste oplossing vir goeie buurmanskap bied.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories