HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Dit is nag op die pad


   14 September 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 28   l   2 months ago  

 


“Mense moet verstaan dat ’n lisensie altyd aan die regering behoort en enigiemand wat die voordele wat ’n lisensie inhou wil gebruik, moet die reëls wat daarmee gepaard gaan nakom.”

Só sê Ishmael Mnisi, nasionale woordvoerder van die departement van verkeer, oor die nuwe beoogde wet wat ten doel het om verkeersoortreders behoorlik vas te vat.

Volgens Joe Maswanganyi, minister van verkeer, is die aanvaarding van die nuwe beleid die enigste uitweg om padveiligheid in die land te verbeter, veral gesien in die lig daarvan dat motorryers volgens hom nie ag slaan op padreëls nie en die sterftesyfer op Suid-Afrikaanse paaie net aanhou styg.

Sodra die beleid gewettig word, sal ’n strafpuntestelsel intree met die doel om aanhoudende oortreders te identifiseer en strawwe — soos om lisensies af te keur of te kanselleer — teen hulle in te stel.

Gewoonteoortreders sal van die pad af moet bly totdat hulle sekere rehabilitasieprogramme deurloop het.

Hierdie is ’n baie edele gedagte van die regering. Dit ís so — Suid-Afrikaanse paaie het ’n nagmerrie geword. Duisende lewens word jaarliks hierdeur negatief geraak.

’n Mens sou egter baie graag wil weet wat die regering beplan om te verhoed dat korrupsie ook hierdie edele plan versuur. Hoe seker kan wetsgehoorsame padgebruikers wees dat oortreders wel “rehabilitaieprogramme” ondergaan en nie net maar ’n geldjie onder die tafel aanstuur nie?

In dieselfde week dat Die Pos oor die nuwe beoogde wet skryf, skryf ons ook dat die Modimolle-polisie mense waarsku teen die haglike toestande van sekere paaie in die provinsie. Hoeveel ongelukke gebeur weens slaggate in die paaie en strepe wat nie op die paaie sigbaar is nie? 

Wat van ’n bietjie “rehabilitasie” vir die mense wat veronderstel is om hierdie paaie in stand te hou?

Die Pos het ook vandeesweek op ons Facebook-blad gevra hoe ons lesers oor die swaarvoertuie op ons paaie voel. 

Mense wat gereeld per privaat lugvervoer of met blouligbegeleiding ry, sal nie weet hoe dit voel as jy vasgekeer word tussen swaargelaaide trokke wat mekaar onwettig verbygaan, klippe opskiet of ure lank in die vinnige baan aankruie nie.

Daar is inderdaad báie werk vir die departement van verkeer.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories