HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Gooi kole


   21 September 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 25   l   57 days ago  

 


Suid-Afrikaners sal vanjaar op nasionale Braaidag wat op Maandag, 25 September, saam met Erfenisdag gevier word, saam om die braaivleisvure kuier.

Erfenisdag is deur die regering geoormerk om Suid-Afrikaners aan te moedig om die land se ryk erfe-nis — oor kleurgrens, taal, streek en godsdiens — te vier. 

Dit is egter ironies dat Suid-Afri-kaners tans op verskeie fronte diep verdeeld is.

Op politieke vlak is die regerende alliansie wat bestaan uit die ANC, Cosatu en die SAKP besig om feitlik in duie te stort. Daar is ook duidelik onenigheid tussen opposisiepartye wat koalisies gevorm het en op plaaslike vlak regeer.

Hierdie verdeeldheid is ook te bespeur by Jan en Alleman. 

Dit het duidelik na vore gekom toe ’n sweer die afgelope paar weke oopgebars het nadat ’n omroeper by ’n bekende radiostasie se ontbyt-program ’n aanmerking gemaak het wat deur baie luisteraars as blatant rassisties beskou is. 

Oor-en-weer briefwisseling, skel-woorde op sosiale media en die onttrekking van derduisende rande se advertensies aan dié radiostasie het gevolg.

Nasionale Braaidag het vanjaar dalk net betyds aangebreek, want braai is die een tydverdryf wat al die kultuurgroepe in die land met passie beoefen. 

’n Mens hoop dat die gemoedere so om die kole met ’n sissende stukkie vleis op die rooster en ’n drankie in die hand (met “eish, ja) die gemoedere so ’n bietjie sal laat afkoel.

’n Mens besef net hoe warm die braaivleisvure in Suid-Afrikaners se harte brand indien die internet besoek word: “Reusebraai met stalletjies en ander kos word op nasionale Braaidag by die Portugese kerksaal, Van Wykstraat 25, Brentwoodpark, gehou,” lees ’n mens. 

Wie het gesê die land se Portugese kultuurgroep kan nie braai nie?

Afrikaners gooi kole en die Engelse hou “barbeque” terwyl swart Suid-Afrikaners “chisa nyama” (die Zoeloewoord vir braai. Chisa beteken “brand” en nyama beteken “vleis”).

Dit maak nie saak in watter taal, streek of omstandighede Suid-Afrikaners op nasionale Braaidag die vleis op die kole gooi nie, solank hulle — al is dit net vir een enkele dag — die juk van verdeeldheid sal afgooi en darem so paar minute sal deurbring om na te dink oor ’n hernude poging tot versoening in Suid-Afrika, maar ook in die res van die wêreld.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories