HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Suid-Afrika maak nie mooi met sy mense


   28 September 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 940   l   51 days ago  

 


Daar was nie die afgelope week ’n tekort aan “nuus” by Die Pos nie, maar dit beteken glad nie dat dit vir ons ’n “goeie” week was nie. 

Inteendeel, die afgelope week is een wat ons personeel nie weer wil beleef nie.

Mense wat onder die indruk verkeer dat joernaliste “opgewonde” raak wanneer daar dramatiese dinge gebeur, kyk dalk te veel Amerikaanse televisie, of weet nie waar die hart van ’n gemeenskapskoerant soos Die Pos sit nie.

Dit is ons plig om vir ons lesers te vertel wat in ons gemeenskappe aangaan, maar soms is dit juis hierdie “plig” wat ons personeel sélf in ’n donker plek laat beland. Want sien, hier op die platteland ken ons mekaar. Ons weet van mekaar se seer. Ons sien mekaar se kinders voor ons oë grootword.  

Wanneer ’n ramp iemand tref, wil ons ook soms net blomme of kos stuur, simpatiseer en nie inbreuk maak op mense se privaatheid nie. Maar dit is juis die werk wat ons gekies het, wat bepaal dat ons moet sê: “Ek is so verskriklik jammer oor wat gebeur het, maar sal jy asseblief met my ’n onderhoud daaroor voer?”

Dit is nie maklik nie. In elk geval, nie vir Die Pos se verslaggewers nie.

Ons ken in baie gevalle die mense wat hul eie lewens geneem het. Soms help ons selfs soek na hulle wanneer hulle wegraak. Ons ken dikwels hulle getraumatiseerde familielede. Ons en die polisielede praat mekaar soms moed in op sulke tonele, want ons kén mekaar. Ons kuier om braaivleisvure saam met die mense wie se sakeonderneming voor ons oë tot as verbrand het. Ons het al in die huise gekuier van die mense wie se lyke nou so stil daar bo in ’n slaapkamer lê.

Ons word soms heel eerste gebel as daar ’n ramp was, nie omdat ons “die media” is nie, maar omdat ons vriende, selfs familie, van die mense is.

Suid-Afrika maak nie mooi met sy mense nie. Ons mense is op hul knieë. Daar was net té veel slegte tonele waarna Die Pos die afgelope ruk ontbied is.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories