HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Nie die werk van die howe


   05 October 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 24   l   43 days ago  

 


’n Gesonde demokrasie behoort selfonderhoudend te wees en nié deur die howe regeer te word nie.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in Mei vanjaar gewaarsku dat ’n land in ernstige moeilikheid verkeer indien politieke besluite op die regstafel beland.  

’n Mens hoef nie ver te gaan soek om voorbeelde in Suid-Afrika te vind waar politieke besluite deesdae deur die land se regters beslis moet word nie. Een van die mees onlangse voorbeelde is die hofaansoek deur die United Democratic Movement (UDM) of ’n geheime stemming toelaatbaar is in ’n parlementêre mosie van wantroue in die land se president.

’n Mens kan aan geen beter voorbeeld as bogenoemde dink om die absolute gebrek aan leierskap wat daar in die regerende party bestaan, te illustreer nie. Volgens die reëlboek is die speaker van die nasionale vergadering veronderstel om as skeidsregter op te tree en beheer oor debatte te neem om te verseker dat LP’s vrylik kan deelneem, mits hulle binne die reëls bly. Die huidige speaker, Baleka Mbete, verstaan skynbaar nie die volle implikasie van haar rol nie en het in die geval van die geheime stemming bloot haar besluitnemingsmag aan die land se howe oorgedra.

Die neiging om politieke besluite in die hande van die howe oor te gee, is egter nie net beperk tot nasionale regering of tot politieke besluite nie.

Daar word ook op plaaslike regeringsvlak vir elke bakatel na die hof gehardloop. By albei munisipaliteite in Die Pos se lesersgebied is daar hangende en afgehandelde hofsake teen dié plaaslike regerings wat buite die hof beslis kon word indien daar gesonde bestuur en leierskap op plaaslike vlak teenwoordig was. 

Die Pos berig vandeesweek oor die finansiële penarie waarin die Bela-Bela-munisipaliteit, wat deur die ANC regeer word, verkeer. 

Maar te midde van die beroerde toestand van dié munisipaliteit se geld-sake het raadslede steeds versuim om op Woensdag, 30 Augustus, op te daag vir die transformasie- en bestuur/begroting- en tesourierkomitee-vergadering. 

Ook op Modimolle moes regshulp ingewin word nadat stakers die afgelope week onder meer riool in die munisipale gange uitgegooi het. 

Dit is juis weens hierdie trae bestuur-styl dat onverantwoordelike besluite geneem word en veroorsaak dat sake in die hof beland.

Die feit dat die land op nasionale én plaaslike vlak deur die howe regeer word, knaag aan die pilare van ’n gesonde demokrasie.

Dit jaag miljoene rand uit belas-tingbetalers se sak en belas die Suid-Afrika se howe onnodig.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories