HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Oppas vir ‘vlytige vingers’


   02 November 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 23   l   16 days ago  

 

Minister van Polisie, Fikile Mbalula en Bheki Cele, uitvoerende minister van Landbou en omgewingsake.


Die Pos het die afgelope week op-nuut die mag van sosiale media besef. 

Ons Facebook-blad (Die Pos-koerant) het behoorlik uit sy nate gebars met ons beriggewing oor plaasmoorde en Swart Maandag. 

Teen Dinsdagoggend (31 Oktober) het ons blad reeds meer as 226 260 mense bereik. Die gewildste plasing was ’n foto van biddende mense op die N1-snelweg naby die Codrington/Settlers-oorbrug. Die foto is met ’n selfoon deur Ronel van Jaarsveld van Die Pos se Modimolle-kantoor geneem. Binne 24 uur nadat dié foto geplaas is, het meer as 21 000 mense dit reeds gesien.

Die Pos het ook vir Johan (Fatman) Brümmer van The Voice-faam gevra om vir ons die geestelike lied, Gebed vir Suid-Afrika, op te neem sodat ons dit as boodskap vir ons lesers op Facebook kan plaas. Binne 24 uur is dié video deur bykans 6 000 mense gekyk en meer as 350 keer gedeel.

Sosiale media maak dit supermaklik om ’n boodskap binne minute die wêreld in te stuur. En dit is juis dié “voordeel” van sosiale media, wat dit ook die grootste euwel maak.

Fopnuus het die afgelope week gesorg dat Suid-Afrikaners — wie se emosionele welstand juis glad nie onder die bestes ter wêreld tel nie — onnodig die harnas ingejaag en rassehaat aangeblaas word.

Sekerlik die skokkendste voorbeeld was die foto’s wat op sosiale media versprei is van mense wat die ou Suid-Afrikaanse vlag vertoon. Hoewel ’n bekroonde fotograaf herhaaldelik teruggekap het om te sê hý het die foto sewe jaar gelede tydens die destydse AWB-leier, Eugene Terre-blanche, se begrafnis op Ventersdorp geneem het, is dié spesifieke foto steeds oor en oor gedeel asof dit tydens vandeesweek se Swart Maandag-protesaksie geneem is. ’n Engelse dagblad het sowaar as vet ook voortgegaan en dié spesifieke foto die volgende dag op hul voorblad geplaas en daarby geïmpliseer dat die foto vandeesweek geneem is. Praat van rassehaat aanblaas en powere joernalistiek!

Net só het ander vals nuus die afgel-ope week die kuberruim ingevlieg. Baie daarvan uiters kru boodskappe.

Oppas tog vir vlytige vingertjies agter die rekenaars. Maak eers doodseker van die feite. 

En dalk net nog dít oor Swart Maandag. Dit was nié ’n politieke projek nie. Daarvan getuig die feit dat mense reg oor die politieke spektrum en oor rasgrense heen, daaraan deelgeneem het. 

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories