HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Hou maar die krane styf toe


   14 December 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 44   l   36 days ago  

 


Ondanks die land se swak eko-nomiese toestande en die senuwees wat aan Suid-Afrikaners knaag oor die ANC-konferensie wat voorlê, is daar ’n feestelike atmosfeer in die lug.

Op ’n dorp soos Bela-Bela waar daar ’n vakansie-oord in die middel van die dorp is, loop vakansiegan-gers met helderkleurige swemklere in ’n ontspanne bui rond. 

Op ander dorpe is voertuie wat met karavane of kampwaentjies deur die hoofstraat ry, ’n welkome gesig.

Heelwat inwoners van Die Pos se lesersgebied is reeds by hul vakan-siebestemmings of die tasse staan gepak om iewers oor die Kers-seisoen die lang pad aan te durf.

Met die mildelike reën wat in Desember oor groot dele van Limpopo en Gauteng uitgesak het, vertrek ’n mens boonop nog met ’n jubelende hart uit ’n nat “Transvaal”.   

Diegene wat in die Kaap gaan va-kansie hou, moet egter in gedagte hou dat die groen landstreek wat hulle agterlaat in skrille kontras is met die droogtetoestande in die Wes-Kaap.

Vakansiegangers op pad Kaap toe word nie net aangeraai om ’n paar liter drinkwater saam te neem nie, maar ook om water uiters spaar-saam in dié deel van die land te gebruik.

Mense wat in Kaapstad en omge-wing woon, is nou al gewoond daaraan om daagliks met die minimum water oor die weg te kom, maar dié inwoners is benoud dat vakansiegangers uit ander dele van die land nie aldag besef hoe benard die situasie in die Kaap werklik is nie.

’n Mens kan die Kapenaars se vrese verstaan, want Suid-Afri-kaners is nie werklik daaraan ge-woond om water te bespaar nie. 

In tye van droogte wanneer water-beperkings geld, sal hul die krane toe hou, maar sodra daar reën uitgesak het, dan loop die water weer.

In Europa, wat ironies oor baie meer water as Suid-Afrika beskik, word skoolleerders reeds in die junior fase bewus gemaak van waterbesparing. Op dié vasteland kan ’n mens ook nie by ’n openbare stort die water oopdraai en onbeperkte watervloei geniet nie. 

Suid-Afrikaners sal bloot op die langtermyn moet leer om, soos hul Europese eweknieë, te alle tye water versigtig te gebruik. 

Elke druppel water is kos-baar, in droogte én reën. ’n Duur les wat Suid-Afrikaners — soos nou die geval in die Kaap is — eers leer as die skrif aan die muur is.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories