HOOFSTORIES: •   Vlamme stuit nie bedrogondersoek   •   Inkopiesentrums nie so veilig   •   Betogings en klipgooiers hou gevaar op N1 in   •   Sydney Gregan - nie tronkstraf, vra verdediging   •   Hansies groet geliefde hoof   •   Skoolseun beseer tydens 'bakleiery'   •   Skrootwerwe in polisie se visier   •   Plaaswerkers slyp vaardighede   •   Wildehonde se gewoontes van nader bekyk   •   Bekende in wildkringe spreek jagters toe   •   Jong bulletjies wyl hul staal
 


 
 

 

Krisis in onderwys staar SA in gesig


   11 January 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 94   l   3 months ago  

 


Suid-Afrika se onderwys- en opleidingsinstansies staan voor ’n reuse-uitdaging.

Hoewel basiese onderwys nie een van die faktore is wat nuutverkose ANC-president Cyril Ramaphosa uitgesonder het as ’n sleutelfokus nie, bestaan daar geen twyfel nie dat daar ’n ramp op hierdie gebied broei.

Daar is natuurlik honderde hard-werkende matrikulante wat rede het om fees te vier en jong studen-te wat aan die begin van briljante loopbane staan. Die Pos is baie trots op ons streek se slimkoppe wat ondanks baie uitdagings, steeds puik gevaar het. 

Die situasie by skole — ook in Limpopo — is egter ’n drukkoker.

Hoërskool Overvaal in Vereeniging en die Gautengse onderwysdepar-tement het byvoorbeeld reeds ’n draai in die hof gemaak omdat die departement dié (enkelmedium Afrikaanse) skool wil dwing om 55 Engelse leerders (waarvoor hulle sê daar geen plek beskikbaar is nie) in te neem. 

Rektore van Suid-Afrikaanse universiteite hou ook asem op nadat pres. Jacob Zuma — sonder die goedkeuring van onder meer sy kabinet of ander rolspelers — vol fanfare aangekondig het dat daar vanjaar gratis hoër onderwys sal wees. Wie vir dié “gratis hoër onderwys” sal moet opdok, het hy nie gesê nie.

Dosente en ander personeel moet byvoorbeeld betaal word, studiema-teriaal gekoop en geboue in stand gehou word. Wie het Zuma gedink gaan daarvoor betaal? Bedrae van tot R51 miljard word genoem vir hierdie bykomende onvoorsiene uitgawe. 

Met dié aankondiging wys Zuma (én Julius Malema, wat die aankon-diging wyd verdraai en verkondig het) hóé belangrik akademiese stan-daarde vir hulle is. 

In ’n provinsie soos Limpopo het slegs 21% van die matrikulante byvoorbeeld matriek met universi-teitstoelating geslaag. 

Kan Zuma en Malema nie insien dat dié syfer nogal laag is nie? Mis-kien moet die ANC eers die reuse-probleem by skole oplos voordat hulle Kersvader wil speel. Die DA se Jacques Smalle het byvoor-beeld onlangs daarop gewys dat altesame 44 000 Limpopo-matrieks wat vir verlede jaar se matriekeksamen ingeskryf het, nie opgedaag het om eksamen te skryf nie. 

Wat het van hulle geword? Kan die ANC-regering dalk lig op die saak werp?

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories