HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Onderwys is nié ’n kaartspel


   18 January 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 29   l   35 days ago  

 


Leerders in Suid-Afrika het die afgelope week weer teruggekeer na die harde skoolbanke.

Die opening van skole aan die begin van die nuwe skooljaar sorg altyd vir groot opwinding onder ouers én leerders. 

Vir leerders wat gr. 1 en gr. 8 toe gaan, is dit gewoonlik ’n nuwe aanpassing en ’n volgende fase wat in hul lewens afskop.

Te midde van ouers se geskarrel die afgelope paar weke om nuwe skryfbehoeftes en skoolklere aan te koop, is daar egter landwyd leerders in dié twee grade wat nog nie plasing by die onderskeie skole waarvoor hulle aansoek gedoen het, gekry het nie. 

Duisende Gautengse leerders het volgens die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, nog nie op die eerste skooldag ’n heenkome gehad nie.

Dié krisis is egter nie net tot Gau-teng beperk nie. 

Tientalle leerders uit agtergeblewe gemeenskappe in die Waterberg, wie se ouers onder meer by ou model C-skole aansoek gedoen het, moes teleurgesteld verneem dat dié skole reeds tot barstens toe vol is. Dit is ook deesdae nie so maklik om op die nippertjie in townshipskole te probeer plek kry nie, want selfs by dié skole is daar nie plek vir ’n muis nie. 

Dit is duidelik dat Suid-Afrika se onderwysaanbod nie aan die leerdervraag voldoen nie. 

Dit is dus ironies dat die regering tyd, geld en energie mors aan tug-stappe en hofsake teen Afrikaans-enkelmediumskole (wat terloops feitlik deur die bank ’n puik akademiese standaard handhaaf). Die hofsaak die afgelope twee weke oor die toelating van 55 Engelse leerders by die Afrikaanse Hoërskool Overvaal in Vereniging is ’n duidelike voorbeeld daarvan dat die departement van onderwys hom met beuselagtighede ophou.

Hulpbronne moet eerder aangewend word om nuwe skole te bou, meer onderwysers op te lei en seker te maak dat gehalte onderwys aangebied word — ook in Suid-Afrika se voorheen agterge-blewe gebiede.

Indien gehalte onderwys by alle skole in Suid-Afrika gewaarborg word, sal dit nie vir ouers nodig wees om vir hul kinders by skole buite hul woongebied aansoek te doen nie.

Onderwys het ’n politieke speelbal geword wat gerieflikheidshalwe die aandag van die diepliggende probleme in die onderwys aftrek. ’n Mens wil amper waag om te sê dat die grootkoppe kaart speel met die toekoms van die land se kinders.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories