HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Ligte, kamera, glimlag!


   25 January 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 47   l   29 days ago  

 


“Kan ons nie maar 2018 op ’n meer positiewe noot begin nie? vra ’n Sonskyndorper hierdie week in Die Pos se gewilde Ons Hoor-rubriek.

“Sien tog die positiewe raak in dinge soos munisipale werkers wat herstel-werk doen. En wat van die feit dat die Bosvelders nog ’n leksel water hét terwyl die Kaap se krane droog is?” vra dié leser.

Die Pos steun dié siening heelhartig.

’n Mens wil nou nie voorgee ons woon in die land Kanaän nie, maar Suid-Afrikaners het darem maar ontsettend negatief geraak. 

Dit is veral op die digitale bladsye van mediagroepe en ander openbare organisasies waar ’n mens soms jou hande saamslaan oor die geniepsig-heid van ander. 

Mense voel blykbaar uiters gemaklik daarmee om ander uit te skel, voort-durend beterweterige raad te gee, kru opmerkings te maak en sommer net in die algemeen kubertrolle te wees. Die ergste is dat dié groepe baie duidelik hierdie platvorm geskep het en dit toelaat — tot nadeel van ’n nasie wat al hoe meer moedeloos en onverdraagsaam raak.

Natuurlik moet die media berig oor ongerymdhede, misdaad en ander onregte. 

Maar om toe te laat dat hul web-bladsye gekaap word deur skobbe-jakke wat net goed daarvoor is om af te kraak, is eenvoudig onverant-woordelik.

Die Pos het lank terug begin om beledigende en onnodige geniep-sigheid van ons Facebook-bladsye af te haal. 

Vanjaar het ons by Die Pos besluit om ’n hernieude poging aan te wend om te wys dat ons ’n koerant is, nié ’n platvorm vir kubertrolle nie.

Ons gaan vanjaar werklik poog om meer positiewe nuus aan ons lesers deur te gee. 

Ons moedig ook ons lesers aan om vir ons bydraes vir ons briewekolom en Ons Hoor te stuur oor dinge waaroor hulle hul verbly in die dorpe waar hulle woon.

Brenda Hugo Van Bosch, een van ons lesers, vertel juis dié week op ons Facebook-blad hoe die Bela-Bela-munisipaliteit een aand tot bykans 19:00 gewerk het om te sorg dat die kragtoevoer by hulle herstel word nadat ’n transformator beskadig is.

Salome Peens Boshoff, ook van Bela-Bela, vertel van ’n munisipale werker wat ’n mangat waarna hulle al baie lank soek, vir hulle kom op-spoor het. Die Modimolle-Mook-gophong-munisipaliteit het twee nuwe senior bestuurders aangestel wat belo-wende werkrekords en baie planne vir dié dorp het.

Ook op Mookgophong doen Moko-ne du Preez, waarnemende voorsitter van die dorp se sakeforum, ’n beroep op inwoners en eienaars van sakeondernemings op die dorp om in 2018 ’n verskil te maak en van Mookgophong die dorp van die jaar te maak.

Kom ons wees vanjaar meer positief!

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories