HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Daar is tog hoop


   01 February 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 62   l   3 months ago  

 


Die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing verdien ’n veer in die hoed.

Te midde van ongelooflike politieke woelinge en swak ekonomiese vooruitsigte, weier Suid-Afrikaners om boedel oor te gee. 

Hulle baklei op elke moontlike front ter verdediging van die demokrasie en gebruik die grondwet soos ’n skild teen die pyle van korrupsie en poli-tieke knoeiwerk. 

Diegene wat gedink het Suid-Afri-kaners kan gemuilband word, is besig om lelik op hul neuse te kyk. Die hofsaak oor die 55 Engelse leerders wat nie toelating vir die 2018-skooljaar by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging ontvang het nie, is ’n voorbeeld van presies hoe ferm Suid-Afrikaners beginsels kan verdedig.

Hare word nie gekloof oor trans-formasie in die onderwys nie. 

Almal is dit eens dat transformasie nodig is. 

Maar transformasie kan nie ’n rook-skerm wees om mense op ’n dwaal-spoor na die pad van verandering te plaas nie.

’n Mens kan tog onmoontlik nie die dak van ’n gebou opsit alvorens die fondasie gelê is nie. 

Dit is skynbaar presies wat die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, doen. Indien hy by die fonda-sie sou begin, was daar al meer skole in dié provinsie gebou om te voorsien in die vraag na gehalte onderwys. 

Die feit dat 3 000 leerders in Gau-teng teen einde Januarie nog nie in skole geplaas is nie, behoort Lesufi slapelose nagte te besorg. 

Pleks dat hy sy tyd en energie be-stee om aan die werklike fundamen-tele krisis in sy provinsie aandag te gee, hardloop hy soos ’n skoothond-jie rond en byt aan die hakskene van rolspelers wat aan die hoof staan van skole wat uitstekende akademiese resultate lewer. 

Hy het skynbaar ook baie tyd en geld om aan hofsake te bestee want hy het reeds aangedui dat sy departe-ment die hooggeregshof se uitspraak oor Overvaal in die konstitusionele hof gaan uitdaag.

Die optrede van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, te midde van die Overvaal-debakel, is egter tog ’n riem onder die hart en behoort ’n mens weer moed vir die onderwys in die land te gee. 

Sy sien die groter onderwysprentjie en wys daarop dat 55 Engelse leer-ders in ’n enkelmedium skool dalk min is, maar dit beteken meer uitga-wes vir die skool omdat daar onder meer voorsiening gemaak moet word vir Engelse onderwysers, boeke en ’n dubbele rooster.

’n Mens spreek die hoop uit dat die ANC se nuutverkose president, Cyril Ramaphosa, nie net die ekonomie in die land gesond sal dokter nie, maar ook daadwerklik sal ingryp om die onderwys weer op goed ge-oliede wiele te plaas.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories