HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Neem deel aan dié debat


   15 March 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 29   l   40 days ago  

 


Naas die “pienk gevaar” (polonie en die verspreiding van listeriose via verwerkte vleisprodukte), is die gonswoord op almal se lippe op die oomblik “grondbesetting”.

Dit is veral rolspelers in die landboubedryf en sakewêreld wat diep bekommerd is oor die mosie wat in Maart in die parlement goedgekeur is om ’n grondwetlike hersieningskomitee op die been te bring om die haalbaarheid van ’n wysiging van art. 25 van die grondwet te ondersoek. 

Indien dié artikel gewysig sou word, beteken dit dat die regering grond, of enige ander eiendom, sonder vergoeding kan onteien. 

Dit is te verstane dat die blote gedagte dat ’n debat oor die moontlikheid van onteiening van eiendom sonder vergoeding op die onderhandelingstafel van ’n regering is, enigiemand wat die beginsels van ’n vryemarkstelsel ondersteun, se nekhare sal laat rys.

Landbouaktiwiteite speel ’n uiters belangrike ekonomiese rol in die Waterbergstreek en die diskoers oor moontlike grondonteiening kan daartoe bydra dat plaasboere se spoed heeltemal gebreek word. 

Dié boere moet nou nie net meer rekening hou met verhoogde insetkoste en die droogte nie, maar ook met die moontlikheid dat hul toekomshorison heeltemal kan verdwyn.

Individue en sakelui is uit die aard van die saak ook diep bekommerd oor die moontlike wysiging aan die grondwet, maar dit is veral die emosionele debat oor landbougrond wat sterk op die voorgrond is.

Die slegte nuus is die feit dat die regering hoegenaamd oorweeg om die beginsel van grondgryp sonder vergoeding te debatteer.

Die goeie nuus is egter dat art. 25 van die grondwet nóg nie gewysig is nie. 

Daar is tyd om dit te beveg, om insette te lewer, petisies te onderteken en betrokke te raak of ondersteuning te bied aan onder meer landbouorganisasies wat in direkte gesprek met die regering sal tree.

Die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing, die media en die regs-bank het al dikwels in die verlede druk op die regering uitgeoefen om ’n drastiese kopskuif te maak — oudpres. Jacob Zuma se uittrede is die mees onlangse voorbeeld.

Suid-Afrikaners kan weer saamstaan — sonder dat daar ’n oorlog uitbreek — en weer aan die wêreld wys hulle nie sal toelaat dat hul land dieselfde pad as Zimbabwe stap nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories