HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Genoeg is genoeg!


   28 March 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 20   l   27 days ago  

 

Julius Malema van die EFF.


Die EFF en sy rooibaretbrigade het dit reggekry om die Cyril Ramaphosa-euforie waarin die land kortstondig gebaai het, binne enkele weke tot in die grond (by wyse van spreke) af te breek.

Suid-Afrikaners — wat ’n dekade van korrupsie, troostelose leierskap en ongekende staatsplundering — onder die ANC-regering agter die rug het, was lanklaas só hoopvol soos ná Ramaphosa se inhuldiging as president. 

Uiteindelik sal Suid-Afrika die plek word waar álle Suid-Afrikaners regverdig hanteer word, het baie gedink.

Die gronddebakel, aangevuur deur heethoofdige EFF-ondersteuners, rassistiese uitsprake en die regering se duidelike onwilligheid om die EFF daaroor te vervolg, het ’n ongekende vlaag van algehele moedeloosheid onder Suid-Afrikaners geskep. Duisende wil landuit vlug. Ander wil moed opgee. Nog ander kap terug met ewe rassistiese teendreigemente. Van saambou aan die reënboognasie is daar helaas sedertdien min sprake.  

Voeg hierby die ontsettende werklikheid van wreedaardige plaasmoorde wat net aanhou gebeur, en die woord “grond” het so plofbaar soos ’n vuurhoutjie in ’n kruitvat geword.

Die ironie is dat bykans álle Suid-Afrikaners moeg is vir korrupsie, armoede, werkloosheid, onbevoegdheid en swak leierskap. Die land smag na beter basiese opleiding, effektiewe bestuur en geldelike vooruitgang. 

Dit gaan ’n mens se verstand te bowe dat ’n mens in net een week moet lees waarvoor die EFF die nuus haal: die aanranding van ’n joernalis wat dit waag om vrae aan die adjunk-leier van die EFF te vra, die woord-voerder van die Johannesburgse metroraad wat glo deur ’n EFF-raadslid geklap is “dat haar ore suis” omdat sy nie vir sy seksuele praatjies te vinde was nie, twee verslaggewers van ’n Laeveldse koerant wat deur EFF-lede gedreig en verhinder word om ’n hofsaak by te woon. En dan praat ’n mens nie eens van die haatspraak en aanhitsing om onwettig grond te beset nie.

Intussen word daar weekliks — of die regering dit nou wil erken of nie — die allerwreedste plaasmoorde aange-meld. 

Die Pos skryf juis hierdie week oor die aanval op Ockert (Ockie) Breedt van Roedtan.

Wetsgehoorsame burgers sit in afwagting en kyk hoe Ramaposa dié tameletjie gaan oplos. Hoe lank gaan die regering nog toelaat dat die EFF ongestraf wegkom met openlike haatspraak, aanhitsing tot geweld en onwettige grondbesettings?

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories