HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Ontneemde demokrasie?


   05 April 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 19   l   19 days ago  

 


Ongeregtigheid — dit is die onderwerp wat sekerlik die afgelope Paasnaweek deur talle Suid-Afrika-ners rondom die braaivleisvure bespreek is.

Want dit wil voorkom asof gewone landsburgers nog die hoë belastings, die verhoogde BTW en swak dienslewering kan sluk, maar die feit dat die maatstaf waarmee mense gemeet word nie deurentyd dieselfde is nie, stuit Suid-Afrikaners teen die bors. Dit maak hulle moedeloos. 

Daar is talle voorbeelde om die kromheid van dié maatstaf te bevestig, maar dit is veral die twee jaar tronkstraf wat op Woensdag 28 Maart in Johannesburg aan Vicky Momberg weens rassisme opgelê is, wat mense warm onder die kraag het. Nie omdat sy skuldig bevind is nadat sy polisiebeamptes herhaaldelik die k-woord toegesnou het nie, en ook nie oor die swaar straf wat opgelê is nie, maar oor die feit dat politieke leiers soos Julius Malema van die EFF en maj. MV Mohlala van die Nasionale Weermag met rassis-tiese woordmoord wegkom en bloot net oor die vingers daaroor getik word. 

’n Mens stem heelhartig saam met landdros Pravina Raghoonandan, wat die Momberg-saak hanteer het, se stelling dat respek vir mekaar “ononderhandelbaar is” en dat “almal mense” is.  In die praktyk beleef baie Suid-Afrikaners egter die teenoorgestelde.

Vir politieke leiers is respek vir mekaar skynbaar “onderhandelbaar”. Hoe verklaar ’n mens die feit dat die res van Suid-Afrika moet bespaar en sommiges selfs ’n hongerloon ver-dien terwyl ’n vreugdesvuur van R20 miljoen in die Vrystaat aangesteek word om die nuwe premier in dié provinsie te “verwelkom” — en skynbaar gaan geen haan daarna kraai nie.

Sakeluie en individue betaal hul inkomstebelasting tot op die sent, maar die land se vorige president het volgens Jacques Pauw, soos gepubliseer in sy boek “The President’s Keepers”, vir jare nie ’n sent inkomstebelasting betaal nie. 

Hoe regverdig ’n mens die feit dat ’n diensverskaffer soos Eskom dreig om belastingbetalers, wie se diens-terekeninge betaal is, in dorpe soos Modimolle, Mookgophong en Vaal-water se kragtoevoer te sny terwyl amptenare na bewering in dié plaaslike regering versuim het om dienstegeld korrek aan te wend en skynbaar skotvry daarvan afkom?

Robert Kennedy het dekades gelede tereg gesê: “Om geregtigheid te weerhou, is ontneemde demokrasie”.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories