HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Wat het julle met ons skole gemaak?


   12 April 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 29   l   11 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Die verval van regeringskole in Suid-Afrika is sekerlik die heel grootste onreg wat die ANC-regering sy landsburgers (én veral sy eie kiesers) aangedoen het.

Dit gaan ’n mens se verstand te bowe dat jy nêrens lees van nuutgeboude skole in voorheen agtergeblewe gebiede met pragtige geriewe en bekwame onderwysers nie. Hoekom is daar nie lankal lieflike sportvelde en doeltreffende toiletgeriewe waar dorpskole ook aan area- en kringbyeenkomste kan deelneem nie? 

Dit is tog niks minder as regverdig nie dat daar ook veilige pragskole met laboratoriums, klubhuise vir oudleerders, biblioteke en reke-naarsentrums in dié voorheen benadeelde omgewings gebou word.

Sulke skole is ook veronderstel om toponderwysers te lok wat daadwerklik ’n verskil wil maak en ’n bydrae tot die reënboognasie wil lewer.  

Helaas is dit deesdae net die skole met die mees lojale, betalende ouerkorps wat oorleef. 

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, vra nou ouers se hulp met dissipline by skole. Werklik? Ouers se hulp? 

Wat ’n jammerlike skande dat daar nog steeds skole is waar kinders puttoilette moet gebruik. Waar kinders kilometers ver van hul woonhuise moet reis om skool te gaan. 

Waar kinders onder bome of in oorvol klaskamers moet skoolgaan. Waar daar onderwysers is wat salarisse ontvang terwyl hulle meer afwesig is as by die skool. Waar kinders op hoërskoolvlak nog nie eens basiese Engels onder die knie het nie. Is dit ook die ouers wat hier moet inspring en help? 

Pleks dat die onderwysdepartement eerder hieraan aandag skenk, as om skole waar die waens op geoliede wiele is, te bly boelie met taalbeleid, toelatingsvereistes en naamsveranderings.

 ’n Onlangse ondersoek na skole in Gauteng het getoon net in verle-de jaar is daar 479 strafregtelike oortredings in die provinsie se skole gepleeg. 

Dit is oortredings soos aanranding, poging tot moord, dwelmmisbruik en die handeldryf met verbode middels. Dit is nou bykomend tot die onlangse verslag wat toon dat derduisende rand verkwis is deur onder meer skole wat nie veronderstel is om skoolgeld te hef nie, maar dit wel gedoen het en die geld laat “verdwyn” het.

Die ANC is reeds bykans ’n kwart-eeu aan bewind. In dié tyd was daar hopeloos te veel voorvalle van boe-liegedrag deur die departement van onderwys by skole en te min planne om daadwerklik iets aan die opvoeding van ons land se duisende agtergeblewenes te doen.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories