HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Onsekerheid bring vrae


   19 April 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 7   l   32 days ago  

 


Ekonomiese vooruitsigte vir Limpopo wat tydens ’n onlangse vergadering met sakelui in Modimolle deur Rob Tooley, LUR vir finansies, geskets is, is sekerlik goeie nuus.

Hy het by uitstek klem gelê op die uitbreidingspotensiaal wat in toerisme en landbou opgesluit lê en dié sektore se vermoë om werkloosheid te help hokslaan.

Tooley het verder ook verwys na Chinese beleggers wat miljarde in Limpopo wil belê.

Hy het die spyker op die kop geslaan met sy verwysing na die provinsie se munisipaliteite, waar-van 25 eintlik bankrot is en waar daar ’n “giftige situasie” ontstaan het omdat “administrasie en politiek” in die dieselfde kookpot prut.  

’n Mens wil uit die aard van die saak glo dat hierdie ekonomiese doelwitte nie net vooruitsigte bly nie, maar omgeskakel gaan word in werklikhede, want ’n ekonomiese inspuiting in een van die land se armste provinsies sal almal tot voordeel strek.

Dié rooskleurige prentjie het egter ’n uiters donker agtergrond indien ’n mens die beleidsrigting wat die ANC rondom onteiening van eien-dom ingeslaan het, onder die vergrootglas plaas.

Dit is by uitstek landbou wat uiters negatief geraak word deur die regering se beleidsrigting rakende grondonteiening. Beleidsonsekerheid is een van die grootste struikelblokke in die weg van ekonomiese groei. Die gewig wat Tooley dus aan die landbou-potensiaal in dié provinsie hang, laat baie vrae ontstaan. 

Leon Borchards, president van Agri Limpopo, het in Januarie 2018 boere se penarie in Limpopo ge-skets en gesê dat boere “tans geen duidelikheid of selfs rigtingwysers” het oor die mees basiese vrae wat enige belegger sou vra nie. Dit sluit onder meer vrae in soos wat gaan gebeur met vennootskappe wat reeds met swart rolspelers in die landbou in Limpopo gesluit is? Hoe gaan grond wat sonder vergoeding onteien word geïdentifiseer word, of is alle plase ’n risiko? Hoe hoop die ANC om die internasionale gemeenskap, waar potensiële beleggers én Suid-Afrika se uitvoermarkte lê, by die eiendomsklousule (art. 17.1 en 2) van die Universele Deklarasie van Menseregte verbykom?  

Voor daar nie duidelike antwoorde op hierdie vrae deur die regerende party verskaf word nie, kan ’n mens verstaan dat beloftes van ekonomiese groei vir inwoners van Limpopo ’n bitter pil is om te sluk.    

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories