HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Hoekom alles so verniel?


   25 April 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 9   l   26 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Vandalisme het ’n nuwe dimensie in Suid-Afrika aangeneem.

Dit lyk asof daar ’n sekere groep mense is wat nie lus is vir onderhan-delings, samesprekings of vrede nie — hulle verniel eerder, breek af, brand af.

Soms slaan ’n mens jou hande saam en wonder hoe mense iets kan afbreek wat eintlik aan hulself be-hoort. Die Engelse het ’n mooi spreekwoord daarvoor: Cut your nose to spite your face.

Die vernielsug op kampusse en by skole regoor Suid-Afrika tydens die nie te lank gelede Fees Must Fall-veldtogte is nog vars in mense se geheues. 

Dink maar aan die hartverskeuren-de foto’s van ’n uitgebrande oudi-torium met ’n waardevolle vleuel-klavier daarin, ’n kafeteria waar alles gebreek en omgegooi is, onvervang-bare kunsskatte wat vernietig is.

Die jongste voorval in Die Pos se lesersgebied is die afbrand van die lisensiekantoor in Mookgophong.

   Inwoners moes eers hoor dat ’n afdeling van die lisensiekantoor in die dorp tot verdere kennisgewing gesluit is. Hulle sou voortaan na naburige dorpe moes ry om sekere transaksies te doen.

Die volgende wat inwoners hoor, is dat die lisensiekantoor in die nag afgebrand het. Ons praat hier van ’n munisipaliteit wat steier onder sy finansiële verpligtinge. Een wat een-voudig nie die geld hét om te “her-opbou en ontwikkel” nie. Ons praat van inwoners wat broodgeld gebruik om vervoer na naburige dorpe te kan bekostig. 

Ook die onlangse vandalisme op die N1-snelweg laat ’n mens bedroef.

In ’n tyd waar al hoe meer mense hul werk weens afleggings verloor en drastiese veranderings aan hul leefstyl moet maak, dring sekere unies op ’n 12%-salarisverhoging en ander byvoordele aan. En omdat hulle nie dadelik hul sin kry nie, word duisende kinders ver-hinder om by die skool uit te kom, mense wat wíl werk word verhinder, onskuldige motorryers word met klip-pe bestook. En die baksteenmuur wat woonhuise in Hammanskraal van die besige N1-snelweg skei, word af-gebreek sodat die stene in die pad gepak kan word.

Die ironie is dat inwoners se lewens nou in gevaar verkeer. Kinders, vee en troeteldiere beland voor aanko-mende verkeer. Die huise is onveilig sonder die beskerming van die mure. Die geraas van die swaarverkeer moet onhoudbaar wees.

Heropbou- en ontwikkeling (HOP) is ’n edele gedagte wat iemand in ’n hoë posisie uitgedink het. Net jam-mer dit lyk asof die groter prentjie daarvan nog nie werklik by almal in die land posgevat het nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories