HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

’n ‘Verskoning’ vir misdaad


   04 May 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 31   l   17 days ago  

 


Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer en Suid-Afrikaners is lankal nie meer veilig in hul eie huise nie.

Mense is die laaste paar weke ook nie meer veilig op die land se paaie nie. Nie eens meer op die heel besig-ste roetes in Suid-Afrika nie.

Inteendeel, dit wil voorkom asof die “betogers” juis fokus op die besigste roetes in ’n poging om anargie te saai en dat selfs wetstoepassers heelte-mal onkant gevang is deur die onver-wagse misdaadvlaag op die land se paaie.

Beeldmateriaal wat die afgelope langnaweek in die media versprei is waar 35 vragmotors by die Mooi-rivier-tolplaza op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is, het Suid-Afrikaners met afgryse gevul.

Volgens ooggetuies is die vragmo-tors ook geplunder vóór die “beto-gers” dit aan die brand gesteek het.

Die verkeersowerhede moes nood-gedwonge dié besige snelweg vir verkeer sluit. 

Verkeer is langs alternatiewe roe-tes herlei en vakansiegangers en ander padgebruikers het ure langer op die pad deurgebring. 

Sondagaand se chaos volg ná gewelddadige betogings in die-selfde omgewing tydens die Paas-naweek en is voorafgegaan deur politieke opstande in Noordwes waar betogers ook onder meer hoofweë versper het. 

Verder moes verskeie inwoners in Die Pos se lesersgebied wat die naweek van 19-22 April tussen Pretoria en Bela-Bela gereis het, hul planne aanpas weens “betogers” wat op dié snel-weg klippe en brandende buiteban-de gepak het.

Geen rede, of dit nou polities of arbeidsverwant is (die presiese rede waarom die trokke by Mooirivier aan die brand gesteek is, kan volgens die polisie nog nie vasgestel word nie), kan die vandalisme en chaos wat deur die betogers se optrede veroorsaak is, regverdig nie.

Dié “betogers”, of kan ’n mens dit waag om eerder na hulle as misda-digers te verwys, se optrede is uiters laakbaar. 

Dit stel nie net mede-Suid-Afrikaners se lewens in gevaar nie, maar veroor-saak ook miljoene rande se skade aan die land se reeds wankelende ekonomie. 

Die doel kan nooit die middel reinig nie en boonop spreek die “betogers” se optrede boekdele oor hul karakter, integriteit, lojaliteit en dissipline. Wanneer ’n mens deur betogings ’n standpunt wil inneem, maar jouself sommer op die koop toe dik steel deur winkels en vragmotors te plunder, wonder ’n mens of die “betogings” nie net ’n rookskerm is om misdaad te pleeg nie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories