HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

‘Hoekom huil Mamma so?’


   03 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 2670   l   18 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Magda van Deventer, via e-pos, skryf: 

Toe ek Maandagoggend (30 Oktober) ry om vir Dewan skool toe te neem, word my roetine onderbreek deur my buurman wat inspring en vra ek moet hom werk toe neem want hy het sy saamrygeleentheid verpas. 

Dit is 9 km verder en ek moet met die snelweg terug. 

Vir ’n uur en ’n half ry ons buffer teen buffer. In die verte hoor ek die toeters blaas van al die mense wat ons boere ondersteun. 

Soos hulle nader kom, sien ek net Land Cruisers, bakkies en motorfietse wat baie stadig vorentoe ry en die magdom motors agter hulle. 

Ek lê op my toeter en begin huil. My dogtertjie, Vianke (6), vra my: “Mamma, hoekom huil Mamma?” Ek verduidelik toe vir haar waarom ons so stadig ry en waarom al die bakkies, motorfietse en Land Cruisers die verkeer ophou en hulle toeters so onophoudelik blaas. 

Sy kyk na my met trane in haar groot, bruin ogies en sê: “Dit is vir Pappa (Jakes van Deventer) ook, né Mamma?” Ek huil toe eers en sê: “Ja, Sussie, dit is vir Pappa ook.” 

Sy maak net daar haar veiligheidsgordel los en lê oor my en druk saam met my die toeter terwyl die trane by haar gesiggie afloop. 

Ek is stukkend saam met my kinders en hoop en bid dat hier iets van gaan kom en dat ons ’n verskil kan maak. Staan asseblief saam en help ons om ’n verskil te maak. Ek hoop om baie van my vriende en familie op 1 Desember saam te sien by die Uniegebou. 

Plaasmoorde maak ons wat agterbly ook dood.

* Aanvallers het vir Jakes van Deventer, ’n professionele jagter, op 17 Maart 2015 in sy huis in die Roodepoort-omgewing buite Bela-Bela aangeval en meer as 21 keer met ’n mes gesteek. Van Deventer het op die toneel gesterf.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories