HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Water lek al vir ’n jaar


   03 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 9   l   2 months ago  

 


Alta Botes, Mookgophong, skryf:

Ons hoor en lees elke dag in die media hoe kosbaar en skaars water is.

Hier by my op Mookgophong is daar die afgelope jaar ’n waterlek waar die water uitstroom. 

Ek het al telkemale baie moeite gedoen en die plaaslike owerheid gekontak om dit aan te meld — sonder enige sukses. 

Water stroom vir ’n jaar uit ’n lekplek en die plaaslike owerheid ignoreer dit. So, is water werklik so skaars of is dit hierdie ingesteldheid teenoor ’n skaars, noodsaaklike hulpbron wat maak dat konflik oor water ons voorland is? 

As ons iets wat lewensnoodsaaklik is nie koester nie, verdien ons nie die moontlike ellende wat op ons wag nie?

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories