HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Zuma oor aanvalle gekonfronteer


   10 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 10   l   12 days ago  

 

Dit wil blyk of president Jacob Zuma net 'n dowe oor draai oor plaasmoorde.


Dr. Pieter Groenewald: VF Plus-leier, skryf:

Pres. Jacob Zuma is omring met lyfwagte en is daarom nie bewus van die ware omvang van misdaad in Suid-Afrika nie. 

Dit is die rede waarom ek die president gekonfronteer het met die harde werklikheid van die wreedheid van plaasaanvalle en –moorde.

Ek het ook met vraetyd in die parlement aan die president gevra of hy ’n ervare en kundige persoon as nasionale polisiekommissaris sal aanstel wat uit die geledere van die polisie kom, en of dit ’n aanstelling op meriete sal wees of weer ’n politieke aanstelling soos die geval sedert 1999 was.

Ek het daarna ook gevra of die president bewus is van die “ongemaklike waarheid” rondom die wreedheid wat met plaasaanvalle en –moorde gepaard gaan.

“Is die president bewus daarvan dat misdadigers elektriese bore gebruik om gate in hul slagoffers se voete en bene te boor? Is hy bewus daarvan dat slagoffers met warmgemaakte ysters gebrand word?” was van my vrae.

“Is hy bewus daarvan dat misdadigers kokende water oor hul slagoffers gooi en in hul kele afgooi? 

Hierdie ongemaklike waarheid is die werklikheid rondom plaasmoorde. Misdaad is besig om buite beheer te raak en daarom moet die regte kommissaris nou aangestel word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories