HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

SAOU hou aan om onderwys te dien


   10 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 9   l   12 days ago  

 


Santie Gildenhuys, SAOU PUR-lid Limpopo, Streek 1, skryf: 

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in Limpopo se werksaamhede het op Woensdag, 11 Oktober, opnuut onder die soeklig geval tydens dié organisasie se kwartaallikse provinsiale uitvoerende raad- (PUR) vergadering in Polokwane.

Dit is algemene kennis dat onderwys meer as ooit baie uitdagings moet trotseer. Die meeste uitdagings is finansieel van aard. Kommunikasie met die onderwysowerhede is dikwels uiters onbevredigend en tydsaam. 

Ongeag daarvan dat die SAOU as vakbond alles in die stryd werp om sy lede se belange te dien en te bevorder, is regs-ingryping dikwels die enigste manier waarop sake opgelos kan word. 

In die afgelope tyd is die volgende aange-leenthede deur hofuitsprake besleg of ge-deeltelik besleg: agterstallige koshuis-toelaes van diensdoenende personeel, die vergoeding van aflospersoneel in die plek van permanente onderwysers wat geregtig is op swangerskapvoordele, die ophef van die moratorium op die heraanstelling van onderwysers wat voorheen diens verlaat het en die vergunning verleen aan aftre-dende onderwysers (met eerste aanstellings sedert 1988) om hul onderrigjaar te voltooi in Desember van die jaar waarin hulle 65 jaar oud word. 

Die salarisskaal waarop ’n onderwyser aangestel word, is dikwels foutief. Hier gryp die SAOU op versoek in om seker te maak dat vorige onderwysaanstellings, plaaslik of elders, erken word en dat regmatige vergoeding plaasvind. Die sogenaamde IQMS-stelsel, waarvolgens onderwysers jaarliks geassesseer en met 1% verhoging beloon word, is ook ’n tameletjie. 

Uitbetalings sloer dikwels onverklaarbaar en dit is danksy die SAOU se volgehoue bemoeienis dat lede en nielede uiteindelik die vrugte op hul toegewydheid pluk.

Kurrikulumsake waaroor die SAOU deurlopend onderhandel, is gunstiger posvoorsieningskale, die uitreiking van leermateriaal en skryfbehoeftes deur die departement, die standaardisering van vraestelle met die oog op die Junie- en eindeksamen, asook die aanstelling van genoegsame Afrikaanse onderwysers om Afrikaanse kandidate se antwoordstelle tydens die nasionale senior sertifikaateksamen te merk.

Die SAOU bied jaarliks etlike opleidings- en bemagtigingsgeleenthede in Limpopo en regoor die land aan. 

Opleiding word reeds vir Januarie 2018 beplan vir nuutaangestelde en assistent-onderwysers. 

Die baie gewilde bestuursbemagtigingsgeleentheid sal weer in Junie 2018 plaasvind. E-leer is ook hoog op die prioriteitslys met etlike werkswinkels wat beplan word vir privaat skole in Limpopo.

Bogemelde is maar ’n paar van die SAOU Limpopo se hordes werksaamhede.

Wees verseker dat hierdie onderwysvakbond nie skroom om kaalvuis in te klim om hul lede te beskerm nie. 

Indien u as onderwyser of administratiewe personeellid nog nie ’n lid van hierdie dinamiese vakbond is nie, nooi ons u uit om asseblief onverwyld u SAOU skoolverteenwoordiger te kontak of direk in verbinding te tree met Susan Lourens (SAOU Limpopo vakbondverteenwoordiger) by tel. 083 301 4349 of Wilma Henn (SAOU provinsiale sekretaris vir Limpopo) by tel. 083 407 5529. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories