HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

‘Ek dink vooruit,’ sê Fred


   10 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 20   l   11 days ago  

 

’n Kaart van Bela-Bela uit die lug gesien.


Fred van Heerden, Bela-Bela, skryf:

Ek het jare gelede as ontwikkelaar die visie gehad om te begin met die beplanning van bykomende woongebiede, soos Uitbreidings 10 en 12 op Bela-Bela. 

Dit het my langer as nege jaar geneem om goedkeuring daarvoor te kry. 

Ek het gefokus op dié logiese area waar die huidige ontwikkelings reeds is, wat die gebied tussen die R516 na Settlers en die R101 na Modimolle insluit. 

Hierdie dorpsuitbreidings val binne die dorpsgrens (urban edge) en is binne die goedgekeurde ruimtelike ontwikkelingsraamwerk (SDF) geoormerk vir laekoste- en mediumkostebehuising. 

Dit is ook my plig om te verseker dat beplande uitbreidings voordelig is vir die gemeenskap, om werk te skep en nie die ekonomie te laat skade lei nie. My beplanning maak voorsiening vir groot erwe langs die toegangsroetes, dan kleiner erwe vir mediumkoste- en daarna vir laekostebehuising. Dit sal meer koste-effektief wees om op ’n gesentraliseerde manier uit te brei en nie in fragmente rondom Bela-Bela nie. 

Die behuisingsprobleem op die dorp is nou al vir jare in die hande van politici wat net my goedgekeurde ontwikkelings in die wiele wil ry. 

Die moontlike gevolg, indien die radius-metode gebruik word vir die uitbreiding van die dorpsgebied, is dat laekostebehuisingsprojekte rondom Bela-Bela kan plaasvind — wat areas insluit waar die onlangse probleme was en wat reeds geoormerk is vir laekostebehuising. Inwoners het nog tyd om beswaar te maak indien hulle nie saamstem met die inhoud van die SDF 2016-verslag nie. 

Dit wil voorkom asof ek as ontwikkelaar nie ondersteun word nie. Dalk omdat ek altyd vooruit beplan, voorsiening gemaak het vir laekostebehuising en bereid was om groot risiko’s te neem teen miljoene rande. Ook omdat ek kennis en ervaring gebruik het om Uitbreiding 10 en 12 as dorpsgebied goedgekeur te kry wat voorsiening maak vir meer as 8 000 huise.  

Is dit ’n sonde om ook eendag ná jare ’n wins te maak — geld wat ook gebruik kan word in ons gemeenskap om werk te skep? 

Plakkers kan net verskuif word na ’n ander woongebied indien grond beskikbaar gestel is. 

Elke dorp moet voorsiening maak vir sy eie bevolkingsgroei, want teen 2030 sal daar baie meer inwoners wees. Indien ons nie nou begin beplan en saamstaan nie, kan elke persoon maar self die uiteinde bepaal. Om ’n nuwe dorpsgebied goed te keur om plakkers te verskuif, kan jare neem.

Ek en my familie glo in Bela-Bela, sy mense en sy toekoms. Dit het dalk tyd geword om die bal te speel pleks van die persoon.

Daar is ’n dorpsplan wat aangepas is en wat ook my goedgekeurde dorpsgebied insluit. Ek glo dat die korrekte spesifikasies doelbewus in vorige planne uitgelaat is in opdrag van mense wat gekant is teen my projek.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories