HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Hoofstraat uiters onveilig


   10 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 11   l   12 days ago  

 


Carel Botes, Mookgophong, skryf: 

’n Ongeluk in die hoofstraat op Maandag, 30 Oktober, kon dalk verhoed word as daar meer stopstrate was.

Die doel van die riwwe oor die pad in die noordelike en suidelike rigtings mag dalk ’n waarskuwing wees om spoed te verminder. Dit is egter tog duidelik dat hierdie voertuig wat in die ongeluk betrokke was, nie só sou gelyk het as die bestuurder die spoedgrens gehoorsaam het nie.

Stel jou voor hoe erg dit sal wees as ’n 20 ton-vragmotor teen 80 km/h sou ry — wat aanhoudend die geval is — en dan ’n motor tref.

Spoedlokvalle wat onlangs aan die noordekant van dorp gehou is — die eerstes in ’n lang tyd — het net vir ’n klein rukkie gehelp. Toe die verkeersbeamptes weg is, was dit maar weer “voet in die hoek”.

Twee stopstrate, een by 7de Laan en die ander een elders aan die begin van die dorp, is die enigste uitweg om spoedvrate in toom te hou.

Of moet daar eers ’n noodlottige ongeluk wees voordat ons tot aksie oorgaan?

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories