HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Moenie agter skuilnaam wegkruip


   15 December 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 16   l   36 days ago  

 


William Wentzel, Bela-Bela, skryf:

Ek wil net graag reageer op die gereelde briewe wat in Die Pos verskyn. 

Ons is ná 20 jaar plus weer terug op die dorp (ons het die dorp verlaat as Warmbad en is nou terug op Bela-Bela).

Ek volg weekliks die briewe en kommentaar wat in Die Pos-koerant gelewer word. Iets wat my dwars in die krop steek is hierdie briewe wat mense skryf wat so baie te sê het, maar dan is die plasing anoniem. Ek het ongelukkig nie baie tyd om op al die korrektheid en mooi woorde te konsentreer nie. 

Net ’n voorstel aan Die Pos-koerant: As ’n skrywer enige anonieme kommentaar wil plaas, ignoreer dit asseblief. Dit is lafhartig om ’n persoon of persone so af te kraak en dan agter anoniemiteit te skuil. Soos die Engelse sê: “man up”.

Groete aan die paar bekendes wat nog hier is. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories