HOOFSTORIES: |
15 December 2017 l Ons lesers skryf... | l Views: 21 l 4 months ago |
Ron Els, Bela-Bela, skryf: Hiermee net ’n paar woorde om ons waarde-ring uit te spreek teenoor die mense van die Stadspoort-projek. Ek glo nie die ander sal omgee as ek na-mens ons almal praat nie. Ons wil vir julle wat elke maand getrou en in julle eie tyd kospakke opmaak en uitdeel, ’n baie groot dankie sê. Dit is nogal harde werk en dit sonder enige voordeel vir julself. Ons het al van die vrywilligers se gesigte begin herken en ons sien ook so nou en dan ’n nuwe gesig. Ons weet hoe baie julle van julself vir hierdie goeie saak gee. Moet asseblief nie dink dit gaan ongesiens verby nie. Julle wyse woorde en aanmoediging gee vir ons krag om die maand wat voorlê aan te pak. Dankie aan al die skenkers wat in hierdie moeilike tye aan minderbevoorregtes dink. Ons wens uit die diepte van ons harte vir julle ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoe-dige nuwe jaar toe. Van Ron en al die kospakkieontvangers. |
0 Comments