HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Almal moet help met verbeterings


   02 February 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 16   l   21 days ago  

 


Gewillig en beskikbaar om te help, Mookgophong, skryf:

Dit is verblydend om in Die Pos van Vrydag 26 Januarie te lees dat sakelui en ons burgemeester ’n projek begin het om ons dorp se voorkoms te verbeter en dat Mokone du Preez selfs mik vir die Dorp van die Jaar-toekenning.

Vorige pogings is redelik goed ondersteun, maar is gekortwiek toe die planne vir die herbou van die hoofstraat bekendgemaak is. Ek hoop en vertrou dat hierdie nuwe projek ’n groot sukses sal wees. Ek wil egter ’n paar dinge uitwys wat besoekers raaksien en kritiseer.

Baie van die winkels en wegneemeetplekke aan die suidekant van die dorp is morsig en sommige geboue lyk bouvallig en onooglik. Die park, fontein en leë erwe aan die noordekant is oorgroei met onkruid en met vullis besaai. Die tuine voor en langs die munisipale kantoor lyk onversorg en skep ’n baie swak indruk. 

’n Restaurant in Nelson Mandelalaan is morsig, onooglik en versper die sypaadjie. Die ingang en parkeerarea voor die stasie wat nie geteer of geplavei is nie, word deur groot trokke bemors en vertrap — veral wanneer dit reën. Lang gras en onkruid op oop erwe en leë huise laat dit soos ’n spookdorp lyk.

Onthou die gesegde: eerste indrukke is blywend. Hierdie gebied is opsigtelik, selfs al ry ’n mens net deur die dorp.

Daar is wel die afgelope tyd baie verbeteringe aangebring waaroor ons dankbaar is, maar as ons sou mik vir die Dorp van die Jaar-toekenning, sal almal moet inspring en help.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories