HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Dienste moet steeds verbeter


   09 February 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 9   l   17 days ago  

 


Daleen Steynberg, Bela-Bela, skryf:

Dit was nie ’n baie suksesvolle jaar vir die Bela-Bela-munisipaliteit nie, want daar was hopeloos te veel klagtes.

Die Bela-Bela-belastingbetalersforum (BBTF) se algemene jaarvergadering is om die draai en ek wil graag ’n beroep op inwo-ners doen om dit by te woon.

Ek besef dat alle klagtes nie dadelik opge-los word nie, maar inwoners moet opvolg en my laat weet as hul probleme nie opgelos is nie. 

Dit beteken dat daar net weer aan die munisipaliteit se deur geklop moet word om die klagtes te herhaal totdat hulle reageer of totdat die klaer tevrede is met hul diens.

Die munisipaliteit het ’n spesiale klagte-kontaknommer (0800 736 800), maar dit werk meestal nie en dan raak mense omgekrap.

Die enigste manier waarop hierdie pro-bleme opgelos kan word, is by die stembus. Inwoners moet in die toekoms seker maak dat hulle steeds by die korrekte stemlokaal geregistreer is. Ek doen voor-lopig ’n dringende beroep op skoolverlaters en 18-jariges om vir die volgende verkiesing te registreer.

As daar enige voorstelle is hoe die situasie hanteer kan word, sal insette opreg waardeer word. ’n Mens wil nie aanhoudend kla nie en ’n kompliment aan die munisipaliteit sal baie beteken. 

Daar is talle inwoners wat kan help en kennis kan aanbied, maar hulle bly soos ’n volstruis kop in die sand begrawe. 

Byvoorbaat dankie aan elke lid wat die BBTF se hande sterk om munisipale aangeleenthede onder die loep te neem. 

Almal is welkom om by ons aan te sluit. Bel my by tel. 084 199 7338 met klagtes.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories