HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Inwoners soek antwoorde oor water


   09 February 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 16   l   17 days ago  

 


A.A.L. Beneke, Modimolle, skryf:

Ek rig hierdie brief aan Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, rakende die voort-gesette waterprobleem op Modimolle.

Die afgelope twee jaar (dit val min of meer saam met haar ampstermyn) word die water-toevoer na inwoners op Modimolle streng deur die munisipaliteit gerantsoeneer.

Ons as inwoners is deeglik bewus daarvan dat ’n deel van die dorp water vanaf die Donkerpoortdam, wat nou al geruime tyd leeg is, ontvang.

Die res van die watertoevoer kom egter van die Magalies Waterraad en hoofsaaklik vanaf die Roodeplaatdam. Hierdie dam loop gereeld in die somermaande oor, soos tans ook die geval is.

Tog word ons water streng gerantsoeneer. Was dit nie vir die feit dat van die instansies op Modimolle voorsorg getref het deur die sink van boorgate nie, dan was hier voor-waar ’n reusekrisis. 

Om die bestaan van sulke boorgate te gebruik as regverdiging vir waterrantsoenering sou ook aheeltemal absurd wees.

Navrae by die munisipaliteit lewer gemengde — tipiese politieke — antwoorde wat, soos wat dit met sulke antwoorde gaan, heeltemal betekenisloos is.

Die tyd het nou aangebreek dat u as burgemeester oop kaarte met die inwoners (en die kieserskorps op wie u blykbaar swaar steun) in hierdie verband speel. 

Ons soek feite en nie die gewone leë politieke antwoorde nie. Miskien moet u en u amptenare ophou om die intelligensie van die inwoners te onderskat.

Ek en baie ander inwoners van Modimolle sien uit na ’n verduideliking oor die huidige toestand en ook ’n aanduiding van wanneer normale watertoevoer, soos tot in die onlangse verlede, hervat sal word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories