HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

‘My hart en siel hoort hier’


   13 April 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 3   l   11 days ago  

 


Chris Marnewick, via e-pos, skryf:

Dit is seker maar per toeval dat ek by familie tussen Bela-Bela en Modimolle gekuier het juis die week nadat Die Pos van Donderdag 29 Maart my nuutste roman, Redelike twyfel, in die BoekePret-rubriek as ’n prys vir ’n gelukkige leser aangebied het. 

Waarvan Die Pos se lesers waarskynlik onbewus is, is dat ek hier in die Waterberg-se Bosveld grootgeword het.

Ons familieplaas was op die walle van die Mogalakwenarivier wat hier naby begin as die Nylrivier. Die pieperige stroompie waar ek nou die oggend gestap het, loop in die Nyl in en later word dit die Mogalakwena, en nog later, loop dit in die Limpopo. 

My pa was jare gelede ’n inwoner van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle —dit onthou ek toe ons daar verbyry.

Ek het in Tolwe en Swartwater skoolge-gaan en tot matriek aan Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane skoolgegaan. My eerste werk ná skool en opleiding in die Suid-Afrikaanse Vloot, was as klerk in die landdroskantoor in Modimolle, toe nog Nyl-stroom. Van daar af is ek universiteit toe en het later as advokaat in Durban gepraktiseer tot met my aftrede. Nou skryf ek voltyds, met my romans soos In die Laksman se skoot en The Soldier who said no, wat nog steeds hierdie wêreld se stories vertel.

My hart en siel hoort hier, al woon ek nou in Nieu-Seeland. Ek is miskien uit die Bos-veld uit, maar die bos is nie uit my uit nie

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories