HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Rassisme moet daadwerklik uitgeroei word


   13 April 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 1   l   11 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


​Karel Niewenhuis, adjunkprovinsiale leier: Vryheidsfront Plus, skryf:

Die woord rassisme is swaar gelaai met negatiewe konnotasies en word tans wê-reldwyd in moddergooiery tussen groepe van verskillende rasse gebruik. 

Hiervolgens word veronderstel dat karak-ter en bekwaamheid deur ras bepaal word. 

Radikale swart bewegings gaan van die standpunt uit dat slegs blankes rassisties is en dat swart mense carte blanche het om afbrekende en selfs gevaarlike uitsprake oor ander rasse te maak. Hierdie skeefgetrekte begrip het vanselfsprekend ’n uiters negatiewe uitwerking op rasseverhoudings. 

Omgekeerde apartheid het tot gevolg dat swartmense se meerderwaardige optrede stilswyend goedgekeur word deur die hui-dige regering. Die stemme wat hier opgaan, is so oordonderend dat baie blankes ge-breinspoel word om hierdie ongelyke stand van sake te aanvaar en dikwels verskonend optree ten koste van hul eiewaarde. 

’n Ooglopende manifestasie van diskrimi-nasie op grond van velkleur word in die sfeer van die werksmag gevind. Selfs die-gene wat ná 1994 gebore is, blanke en bruin landsburgers wat geen aandeel aan die vorige bedeling gehad het nie, word uitge-sluit wanneer poste uitgedeel word. 

Een van die doelwitte van die VF+ is om hierdie ongelykheid uit die weg te ruim; die uitganspunt en beleid van die party is dat meriete die enigste maatstaf moet wees by aanstellings. Ras, velkleur of geslag behoort nie in ag geneem te word nie. 

Diskriminasie op grond van ras is nie tot politieke partye soos die ANC en EFF beperk nie, maar word ook deur die DA onderskryf. Ek haal uit die Mail & Guardian van 20 Oktober 2017 aan: “If there are two candidates of different race and they appear for the jobs, pick the black one … we would not abandon the policy.” Uit hierdie uitspraak van Mmusi Maimane, leier van die DA, blyk die party se stand-punt ten opsigte van diskriminasie op grond van ras. Ek is oortuig daarvan dat sulke ras-sevooroordeel by monde van die party se leier vir baie DA-kiesers teleurstellend en diep verontrustend moet wees. 

Die VF+ verteenwoordig ’n minderheids-groep in die parlement, maar is verbind om die voorkeur van een ras bo die ander, aan die kaak te stel. Suid-Afrika kan slegs ’n vreedsame en vooruitstrewende land wees indien die onreg wat rassevooroordeel tot gevolg het, suksesvol uitgeroei word. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories