HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Lewer verstaanbare kommentaar


   13 April 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 5   l   11 days ago  

 


Ek verstaan nie Gawie Richter se kommentaar in Die Pos van Vrydag 6 April oor my vorige brief (Donderdag 29 Maart) nie. 

“Die agbare burgemeester slaap in die nag. Sy is lankal op parlementsvlak besig met aangeleenthede soos voorstelle om die gemors wat die ANC-raad vir meer as twee dekades aangejaag het, te besleg,” het Richter geskryf. Hoe kry ’n seremoniële burgemeester dit reg?

Watter voorstelle besleg sy? Hoe sal ons belastingbetalers baat vind? 

Vir my klink die kommentaar na ’n klomp woorde van geen betekenis.

Ek haal ook aan uit ’n mediaverklaring van 16 Maart: Die burgemeester is “bekommerd” oor die negatiewe uitwerking wat beurtkrag sal hê. Sy is “besorg” oor die beurtkragskedule wat op Paasnaweek begin.

Hoe rustig slaap ’n besorgde, bekommerde mens?

Ons is almal dankbaar dat Eskom se besluit teruggetrek is vir nou, maar wat lê nog voor?

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories