HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Onteiening voorspel donker tye


   26 April 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 9   l   25 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Karel Niewenhuis, adjunkprovinsiale leier: Vryheidsfront Plus, skryf:

Die dag toe pres. Cyril Ramaphosa grond-onteiening sonder vergoeding vir politieke gewin gebruik het, het hy die donkerste tyd in Suid-Afrika se politieke geskiedenis ingelei. 

Dit stel ook die DA in ’n slegte lig. Van die amptelike opposisie kon kiesers hewige teenoptrede verwag. Die DA is klaarblyk-lik te besig met bin-negevegte om hierdie verregaande vergryp van die ANC te stuit. Dit laat die hek wawydoop vir die verregses wat geen geheim daarvan maak dat hulle die land wil regeer nie.  

Grondonteiening sonder vergoeding is destruktief. Sodra die regering voogdyskap oor eiendom het, is die stelsel nie meer so-sialisties nie, maar kommunisties. Daar is ’n ellelange lys lande, soos Zimbabwe, waar eiendomsreg met negatiewe gevolge van die tafel gevee is. Die diefstal van eiendom is teenproduktief vir ekonomiese vooruitgang en voedselsekerheid. 

Dit is ook misleidend. Die land word deur ’n onwerkbare en ekonomiesafbrekende stelsel bedreig onder die dekmantel dat die verlede reggestel word. Die oogmerk is boere, maar dié wat die meeste benadeel word, is hoofsaaklik die reeds arm bevolking.

Voorts is dit rassisties. In redenasies ten gunste van ’n kommunistiese stelsel, word woorde soos diefstal, onderdrukking en sla-werny na blankes geslinger. Kolonialisme en apartheid is die boosdoeners sonder om in ag te neem dat daar 24 jaar verloop het om die sisteme te verbeter. Ramaphosa het reeds tydens die Kodesa-onderhan-delings die metafoor gebruik van die pad-da in water wat geleidelik verhit word. Met grondonteiening sonder vergoeding, het die water kookpunt bereik.

Die buiteland se goedgesindheid is ’n belangrike faktor in die behoud van eien-domsreg. Lande soos onder meer België en Australië wat ingelig word oor die stand van sake in Suid-Afrika, is bereid om hand by te sit.

Die VF+ en groeperinge buite die parlement, is besorgd genoeg om internasionale aandag op Suid-Afrika te vestig. 

Suid-Afrika het nog nooit ’n sterk opposisie so nodig soos nou gehad nie, want die land behoort nie aan ons nie. Ons leen die land by ons kinders. (Brief verkort. — Red.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories