HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Appelleer teen foutiewe waardasierol


   04 May 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 3   l   17 days ago  

 


Philip van Staden, AfriForum-takvoorsitter, Mookgophong, skryf:

AfriForum se takke in Mookgophong en Modimolle het reeds meer as 100 mense gehelp om appèlvorms teen die nuwe waardasierol van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in te dien. 

Van dié eiendomme se waarde is op dié waardasierol met tussen 30% en 235% verhoog.

Daar is ook baie inligting wat nie op die nuwe waardasierol verskyn nie. Sekere eienaars se besonderhede is verkeerd of dit verskyn verkeerdelik op die waardasierol en sekere eiendomme verskyn glad nie op die waardasierol nie. Van die adresse is ook foutief.

AfriForum moedig inwoners aan om die waardasierol te bestudeer en seker te maak dat hul eiendomme reg gewaardeer is. Eienaars wat geraak word en nie appèl teen die foutiewe waardering van hul eiendom aanteken nie, sal dit aan hul sakke voel.

Mookgophong se waardasierol en appèlvorms is by die biblioteek op die dorp beskikbaar. Modimolle se waardasierol en appèlvorms is by dié dorp se munisipale kantoor beskikbaar.

Vir meer inligting of hulp, kan inwoners my bel by tel. 072 604 7204.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories