HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Verligting vir beesboere op pad


   04 May 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 11   l   17 days ago  

 


Petrus van Heerden, Rankinspas, skryf:

Die gety het nou teen eienaars van blouwildebeeste gedraai wat daardie diere langs beesboere gevestig het. 

Beesboere het oor die laaste 25 jaar veral in die Bosveld miljoene rande se skade gelei sonder enige vergoeding of hulp weens blouwildebeeste se oorgedraagde snotsiekte. 

Snotsiekte is ’n virus wat deur swart- en blouwildebeeste na beeste oorgedra word. Die wildebeeste word self nie siek nie en toon geen simptome nie. 

Die virus word af-geskei wanneer wilde-beeste onder stres verkeer soos met kalwing, speentyd, jagseisoen, vang en vervoer of weidingdruk soos klein kampe.

Dit is ’n dodelike siekte. 

Daar bestaan geen entstof vir die voorkoming daarvan nie en ook geen behandeling nadat ’n bees siek geword het nie. 

So ’n bees sterf ’n verskriklike uitgerekte en pynlike dood.

Wanneer snotsiekte uitbreek, kan dit tot 50 beeste op ’n slag laat vrek. 

Die eerste siviele verligting vir beesboere het gekom met ’n aangemelde saak in die Oos-Kaap se hooggeregshof waarin die regter, nadat getuienis gelei is, bevind het dat blouwildebeeste draers van die snotsiekte-virus is. 

Die risiko vir die oordrag van wildebees-snotsiekte na beeste kan beperk word deur wildebeeste en beeste minstens 1 000 m uit mekaar uit te hou. 

Daar is voorts bevind dat eienaars van blouwildebeeste wat toegelaat het dat hul wildebeeste tot teen hul beesboerbure kom, onregmatig opgetree het. 

Verligting vir beesboere is nou uiteindelik op pad nadat die Nasionale Vervolgings-gesag op 26 Junie 2017 besluit het om Artikel 11(1) van die Wet op Dieregesondheid, Wet 35 van 1984 af te dwing en vier blouwilde-beesboere krimineel te vervolg nadat hul buurman se diere gevrek het weens snotsiekte.

Nóg hofsake in dié verband behoort binnekort te volg. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories