HOOFSTORIES: •   Vreugde én trane ná reën   •   Werkers sluit burgemeester en ander hoës toe   •   Modimolle in duister na goeie reën   •   Beware of 'police officers'   •   Suid-Afrika siek en sat vir plaasaanvalle   •   Terug skool toe vir oud-onnie   •   Kinders veilig ná gru-ongeluk   •   Misdaad op Bela-Bela styg   •   Dorp se uitdagings bespreek   •   Hekelkoningin kuier op Vaalwater   •   Jagter nie meer voor vir moord   •   Matrieks op die loopplank   •   Hinderniswedloop ’n eerste   •   Motorfietsryers durp lang pad aan teen plaasmoorde   •   Bekende wedloop om die draai
 

 
 

 

‘Ek hou van Formule Een’


   02 June 2017   l   Paul Smith    l   Views: 278   l   4 months ago  

 


Mans wat van motors hou moet mos van Formule Een ook hou — ek hou daarvan. 

Ek het egter al my vol DSTV-subskripsie met die vorige resessie opgegee met die gevolg dat die skreeuende motors nou net ’n herinnering is. Die probleem is dat my herinneringe nie deur die verbysterende revolusies van klein V10 turbo’s of die vernuf van bloedjong renjaers gedomineer word nie. 

Ek onthou die wintersonnetjie wat deur die sitkamer se klein venster die mat voor die televisie so lekker warm bak. Ek onthou die snoesigheid van my gunstelingbank terwyl die afwagting voor die groen lig opbou. 

Die eerste paar rondtes is opwindend, botsings, veiligheidsmotor en brandblussers. Dan volg die eentonige geluid van hoë revolusies, rondte vyf, ses, sewe … en dan word ek altyd so twee rondtes voor die geruite vlag wakker. 

Net betyds om die finale aksie te aanskou. Man, ek hou van Formule Een.

  • Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories