HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Toyota Quest ideaal as vloot- of huurmotor


   07 July 2017   l   Paul Smith    l   Views: 212   l   5 months ago  

 

Die Toyota Corolla Quest is ’n afgeskaalde weergawe van die ou Corolla, maar hou besondere waarde vir slim kopers in.  Foto’s: quickpic.co.za


Met die bekendstelling van die huidige Corolla het Toyota besluit om voort te gaan met produksie van die ou model in die vorm van ’n goedkoper Quest-weergawe.  

Die Quest is ideaal as vloot- of huurmotor en dit is natuurlik waar die meeste verkope vandaan kom. Teen ’n prys van R210 000 en so R227 000 vir die luukser model, kan hierdie afgeskaalde weergawe van die puik ou Corolla dalk net besondere waarde vir slim kopers inhou.

Ek wou sedert sy bekendstelling oor hom skryf en kon onlangs ’n bietjie tyd in ’n huurmotor bestee, wat my opnuut die on-gelooflike waarde van die Quest laat raak-sien het. Kopers se besluite word dikwels deur knoppies, kameras en elektroniese katoeters beïnvloed, maar ’n ware kapitalis kan nie die waarde van ’n winskoop ignoreer nie. Die Quest is destyds op ’n dieet gesit wat nuwe deurpanele, ’n goedkoop dakpaneel en die verwydering van detail soos die paneelkissie se slot tot gevolg gehad het.  

Dit is oral in die motor duidelik dat Toyota koste wou bespaar, maar die belangrike dinge soos lugversorging is nog daar en wanneer die motor bestuur word, vergeet ’n mens van die luukses. Die 1.6 is steeds die verfynde en uiters betroubare bron van die Corolla wat seepglad loop. Alles werk en alles wat ’n mens regtig nodig het, is daar.

Die Quest verteenwoordig diegene wat waarde en betroubaarheid belangriker as elektronika ag. Ook vir die privaat koper is dit die beste waarde produk met die meeste ruimte in ons mark. 

Daar is ’n persentasie kopers wat, soos ek, glo dat meer funksies net meer dinge wat kan breek, beteken. Die wyses weet ook dat ’n motor, net soos ’n yskas, eintlik net ’n duursame verbruikersitem is wat bloot bedoel is om ’n praktiese funksie te vervul. Die Quest is vir hulle gebou.

• Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories