HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Ignis is uniek, kleurvol en interessant


   04 August 2017   l   Paul Smith    l   Views: 37   l   19 days ago  

 

Die nuwe Suzuki Ignis is betroubaar en goeie kwaliteit. Foto: cars.co.za


Suzuki se motors is prakties en betroubaar soos Japannese motors nou maar eenmaal is. 

Ongelukkig blyk dit “prakties en betroubaar” is in Japan sinoniem met “vervelig”.  

Die nuwe Suzuki Ignis se stilering is egter interessant genoeg om te verseker dat verbygangers twee keer kyk. Met ligte wat aan die Renaults van ’n paar dekades gelede herinner en lyne wat eweveel inspirasie van ’n sportmotor as ’n baksteen gekry het, is die Ignis lekker om na te kyk.

Toe Suzuki besef die kleinding spog met 180 mm grondvryhoogte, het hulle hom dadelik as ’n kruisvoertuig gedoop. As Renault glo die Kwid is ’n kruisvoertuig, kan die Ignis ook seker maar een wees.

Die Ignis spog egter met baie kleurvolle en ligte binnemateriale en ’n skaflike 260 liter bagasieruim. 

Die 1.2 viersilinder lewer slegs 61 kW en ’n skamele 113 Nm, maar gelukkig weeg sy lyfie net 850 kg. Die ligte massa maak dit dus maklik vir die klein enjin om die motortjie aan te dryf, mits die wind hom nie wegwaai nie. 

Met so min massa om rond te trek, lewer die motortjie ’n brandstofverbruik van nagenoeg vyf liter per 100 km.  

Met pryse wat net onder R170 000 begin, is die Ignis uniek, kleurvol en interessant. Met Suzuki se betroubaarheid en kwaliteit is dit ’n bekostig-bare prys om te betaal vir ’n praktiese motortjie.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories