HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

As die nerwe waai en die 'spanners' verdwyn


   04 August 2017   l   Paul Smith    l   Views: 102   l   2 months ago  

 


Daar is ’n rede waarom ek nie ’n motor-werktuigkundige geword het nie.  

Ek verloor meer onderdele en velle op my hande as waarvoor ek vergoed sal kan word. Die tyd as my nerwe waai en die spanners wegraak, besef die hele huishouding dat ’n moer waar ’n boud indraai, nie die enigste soort moer is nie. Nou praat ek natuurlik ook nie van die moer onder in ’n koffiepot nie; ek meen daardie een wat gestrip word. Boonop is daar op sulke tye ook sommer heelwat ander woorde vir boud… 

So lê ek in Cen-turion onder my Hilux en probeer ’n gat, nou praat ek nie van ’n boud nie, in die tenk regmaak. Om die werkie veiliger te maak, het ek elke lekseltjie petrol uit die tenk getap — tot die laaste brandstofdampie.

Net toe ek die gat ’n bietjie groter gemaak het en die kante mooi grof is, kom die selfoonoproep: “Die Uno het op die ou Johannesburg-pad in spitsverkeer gaan staan.”  

Met ’n olielap in die hand maak ek vinnig somme, soveel petrol soontoe, soveel vir terug en nog ’n lekseltjie vir spillage; sien die gat is mos nou groot en dit is belangrik dat die tenk weer horingdroog moet wees met die tuiskoms dat ek spoedig my takie kan voltooi.

Met genoeg petrol om ’n lap net-net klam te maak, jaag ek my gestrande bruid tegemoet. Vir soentjies en geselsies is daar nie tyd nie — die tenk lek. Maak tou vas, ruk en pluk om seker te maak en daar gaan ons met noodflikker-ligte aan binne die geelstreep.

Suid, om die blok, links en weer links. Twee stopstrate oor en sê sorrie vir die puntsman. Druk toeter vir die veiligheidswag en waai vir die opsigter ...

Ná twee dae se stilswye besef ek die petroldampe was nie verantwoordelik vir die trane met die uitklimslag nie. Dalk moes ek meer petrol ingegooi het en miskien moes ek eers instruksies gegee het. 

* Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesins-man en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories