HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Captur Blaze goed toegerus


   06 October 2017   l   Justin Steyn    l   Views: 228   l   43 days ago  

 

Die nuwe Renault Captur Blaze bied verbruikers meer as wat hul kan verwag.


Renault se fokus is al ’n geruime tyd op nutsvoertuie en met die wye reeks beskik-bare platvorms wat Nissan-tegnologie insluit, kon hulle ’n suksesvolle voetspoor vestig. 

Kopers het natuurlik ’n gesonde aptyt vir nutsvoertuie en die goedkoper kruismodelle is besonder gewild. Die Captur het in hierdie mededingende mark reeds 6 000 kopers gelok in die twee jaar wat hy hier beskikbaar is. 

Nou het Renault hom so ’n bietjie verfris en die goedkoopste model sommer heeltemal vervang. Die Captur Blaze verteenwoordig nou die intreevlak en kos slegs R229 000. Die Blaze is ’n winskoop vergeleke met die kompetisie. 

Hoewel daar ’n paar stukkies toerusting ontbreek, is die Blaze nog steeds bo verwagting goed toegerus met alles wat regtig nodig is. Die 0.9 turbo uit die Sandero doen gewillig diens met sy 66 kW en 135 Nm. Daar is nie ’n goedkoper, hoofstroom, kompakte kruisvoertuig nie en die Captur Blaze verdien beslis ’n toetsrit.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories