HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Ware Opels sal gemis word


   06 October 2017   l   Paul Smith    l   Views: 40   l   13 days ago  

 

Die Opel-handelsmerk sal binnekort iets van die verlede wees. Foto: Verskaf


Motorentoesiaste en kopers moes in 2017 kophou soos nog nooit vantevore. 

Die PSA-groep (Peugeot) het vroeër vanjaar besluit om Citroën uit Suid-Afrika te onttrek. Citroën het weliswaar nie veel van ’n leemte gelaat nie en soos uit verkoopsyfers afgelei kon word, sal hulle nie regtig gemis word nie. PSA het kort daarna bekendgemaak dat hulle die Opel- en Vauxhall-handelsmerke van General Motors (GM) gekoop het. 

Hierdie was waarskynlik ook nie slegte nuus nie aangesien GM nie Opel se puik produkte tot hul reg kon laat kom nie. Opel was met gemak die beste produkte in GM se Suid-Afrikaanse stal, maar is altyd redelik stief deur GM se bemarkingsmense hanteer.  

Intussen het GM, kort ná Suid-Afrika se kredietafgradering, ook besluit om op te pak. Gelukkig het hulle Chevrolet, hoof-saaklik Koreaanse Daewoos met goue strikdasse, ook saamgeneem.  

Williams Hunt het besluit om hand op te steek en voortaan op te tree as Opel se Suid-Afrikaanse verteenwoordiger. Opel se reeks verdien iemand wat belangstel en daar is glo ’n hele paar nuwe modelle om na uit te sien.

PSA moet ongelukkig tantieme aan GM betaal vir hul tegnologie en omdat PSA tradisioneel snoep met hul beursie omgaan, sal hulle dit nie graag wil doen nie.

Die gevolg sal wees dat PSA sy eie plat-vorms en enjins so gou as doenlik vir Opel-produkte sal inspan. Dit sal op sy beurt duurder Opels beteken en boonop is PSA se bronne duur om te versien, minder betrou-baar en meer kompleks. Hierdie is ’n kwade dag vir Duitse-ingenieurs se vernuf en petrolkoppe sal ware Opels mis. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories