HOOFSTORIES: •   Ruk geldsake reg, sê ouditkomitee   •   Werkers staak steeds   •   Twee raadslede in Bela-Bela-hof   •   Inwoner aangerand terwyl ander toekyk   •   Twee vas ná weduwee besteel word   •   Jong vrou sterf skielik   •   Man sterf ná motor teen brug bots   •   DA rig vrae rondom polisiestasies   •   Troeteldiere getraumatiseer deur fees-vuurwerke   •   Brief: Noem my gerus maar oom   •   Pre-holiday makeover for Bela-Bela   •   Geloftefeesvieringe gehou in die Waterberge   •   Food: Cook a Flemish stew   •   Wees versigtig vir slange   •   Goeie reën lei tot opheffing van brandverbod   •   Kranskopfees (vir eers) van die baan
 

 
 

 

Splinternuwe Pajero Sport bekendgestel


   06 October 2017   l   Paul Smith    l   Views: 64   l   2 months ago  

 

Mitsubishi het die afgelope week ’n splinternuwe model bekendgestel. Die nuwe Pajero Sport is die perfekte alternatief vir diegene wat iets anders as ’n Fortuner wil hê.


My grootste Fortuner-vrees is dat ’n mens nie jou motor sal kan opspoor na afloop van ’n laerskool-atletiekbyeenkoms nie. 

Daar is soveel wit en silwer Fortuners op ons plattelandse dorpies dat eienaars moet loop en sleutelknoppies druk om hul motors te identifiseer. Daar is ongetwyfeld goeie rede vir die Fortuner se gewildheid, maar vir diegene wat net so effens buite die hoofstroom wil swem, is die Toyota dalk net te veel. Die Ford Everest daarenteen se naam is ook heel gepas aangesien hy so groot soos ’n berg vertoon en ’n Menlyn-parkeerspasie vol staan. As waarde vir geld, bakkiegebaseerde en taai nutsvoertuig egter ’n vereiste is, bied die Mitsubishi Pajero Sport egter ’n puik alternatief.

Die vorige Sport was reeds ’n puik voertuig, maar Mitsubishi het die afgelope week ’n blinknuwe model in vertoonlokale geparkeer. 

Met eerste indrukke vertoon die Sport sommer baie aantrekliker as die Triton waarop hy gebaseer is. 

Die neus lyk so ’n bietjie Toyota-agtig, maar danksy sy unieke agterstewe behoort hy duidelik by die volgende oueraand onderskei te word. Die binneruim is puik afgewerk met ’n baie tradisionele, netjiese voorkoms. Mooi, swart leer is standaard en die tweede ry sitplekke is besonder gemaklik en kan verstel word. 

Die agterste ry sitplekke, oftewel sitplek-kies, vou darem plat in die bagasieruim en neem dus nie onnodig plek op nie.

Met die redelik kompakte bakwerk en ’n klein draaisirkel is die Sport baie vlug-voetig en skerp draaie in moeilike terrein kan met gemak voltooi word. 

Laestrek, afdraande beheer en ’n ewe-naarslot help ook op slegte paaie terwyl daar uit ’n verskeidenheid vooraf geprogram-meerde terreinopsies soos modder, sand of grond gekies kan word. Hierdie stelsel beheer die enjin, ratkas en remverstellings om by die terrein aan te pas.

Daar is net twee modelle, albei met ’n 2,4-turbodiesel en agt spoed outoratkas en die vierwielaandrywing van die duurder model is die enigste onderskeidende eienskap.

Die 2,4 lewer 133 kW en ’n stewige 430 Nm wat meer as genoeg is vir enige situasie. Die 4x2 kos R570 000 en vir R600 000 kan die 4x4 ’n nuwe eienaar kry. Die Pajero Sport bied ’n sinvolle, kwaliteitnutsvoertuig alternatief teen ’n baie mededingende prys.  

  • Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories