HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

V6 laat harte warm klop


   01 December 2017   l   Paul Smith    l   Views: 334   l   2 months ago  

 

Willie Ackerman van Bela-Bela het ná Die Pos se Padlangs-fokusblaaie met sy Ford Capri gespog.


Dit was besonder lekker om ’n oproep van ’n leser te ontvang wat graag met haar broer se Ford Capri wou spog. 

Ons het opgewonde Willie Ackerman se 1973 Capri 3000 gaan bewonder. Ackerman het sy trots in 1980 gekoop en is beloon met jare se betroubare diens. Buiten vir die remme wat ’n bietjie aandag benodig, loop dié tweedeur nog heerlik. 

Die 3.0 Essex-enjin was in daardie jare uiters gewild en het oor ’n lang tydperk verskeie Ford-modelle aangedryf. Daar is steeds duisende van hierdie wakker staatmakerenjins wat daagliks diens doen. Die gewildheid en eenvoud van hierdie enjin verseker dat onderdele geredelik beskikbaar is en maak dit ’n puik restou-rasie-kandidaat. 

Boonop is die enjin kragtig, gemeet aan daardie jare se standaarde, maar ’n gesonde Ford V6 maak ’n geluid wat enige entoesias se hart warm laat klop. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories